Tegnuus

Media24 van plan om City Press te sluit

’n City Press-koerant van 11 Februarie 1990. Media24 het Vrydagoggend bevestig hulle is van plan om dié nuuskantoor te sluit.
’n City Press-koerant van 11 Februarie 1990. Media24 het Vrydagoggend bevestig hulle is van plan om dié nuuskantoor te sluit. (Foto: City Press Archives/Gallo Images/Getty Images)

Media24 het Vrydagoggend gesê hy is van plan om City Press se nuuskantoor te sluit.

“Media24 kan bevestig dat die uitgewer vanoggend die eerste konsultasie met die personeel van City Press gehad het, met die bedoeling om dié nuuskantoor te sluit,” sê Minette Ferreira, uitvoerende hoof van Media24 Media, in ’n verklaring.

“As ’n digitale nuuskantoor, wat deel van News24 is sedert die sluiting van die gedrukte uitgawe in 2024 ingevolge ons transformasie na ’n digitale onderneming, het City Press nie aan ons verwagtinge voldoen nie.”

City Press is ’n nasionale Sondagkoerant wat in 1982 gestig is.

Ferreira sê Media24 Media is ten volle daartoe verbind om die hoogs sensitiewe konsultasies met deernis te bestuur, terwyl daar ook aan die wetlik voorgeskrewe proses voldoen word.

“Ons beplan om werksverliese te beperk en ons kan ongelukkig geen verdere inligting bekend maak alvorens die proses afgehandel is nie.”

  • Netwerk24 is ’n publikasie van Media24.

– stefani.terblanche@media24.com