MySkool

En die wenners van Blitsbrein Junior is...

'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.

"Blitsbrein Junior bied 'n wye verskeidenheid algemenekennisvrae in 'n tydsensitiewe omgewing. Die meerkeusevrae dek allerhande onderwerpe van nuus tot sport. Dis regtig 'n lekker uitdaging om hoërskoolleerlinge se algemene kennis te toets," sê Anika Pieterse van Netwerk24.

Sy voeg by dat vanjaar se uitdagings weens die Covid-19-pandemie die kompetisie genoodsaak het om ten volle aanlyn te gaan.

Hier is die wenners:

Afdeling vir leerlinge in gr. 8 en 9

Eerste plek: Ewan Basson (gr. 9) van Helpmekaar Kollege.

Tweede plek: Susan Bender (gr. 8) van die Hoërskool Voortrekker.

Derde plek: Juané Oosthuizen (gr. 9) van die Hoërskool Nico Malan.

Afdeling vir leerlinge in gr. 10 en 11

Eerste plek: Kenneth Jansen (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

Tweede plek: Aron Alvarez Aranda (gr. 10) van Grey Kollege.

Derde plek: Markus Nel (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Hier is die provinsiale wenners:

Wes-Kaap: Gr. 8 en 9

1. Juané Oosthuizen (gr. 9) van die Hoërskool Nico Malan.

2. Peet Karsten (gr. 8) van die Hoërskool Jan van Riebeeck.

3.Etienne Toerien (gr. 8) van die Rondebosch Boys' High School.

Wes-Kaap: Gr. 10 en -11

1. Kenneth Janson (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

2. Jan-Hendrik du Toit (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

3. Liam Fourie (gr. 10) van die Hoërskool D.F. Malan.

Vrystaat: Gr. 8 en -9

1. Susan Bender (gr. 8) van die Hoërskool Voortrekker.

2. Elke Du Plessis (gr. 9) van Eunice Girls' School.

3. Jaco Du Plessis (gr. 8) van die Grey Kollege Sekondêre Skool.

Vrystaat: Gr. 10 en 11

1. Aron Alvarez Aranda (gr. 10) van Grey Kollege.

2. Coenie Dowling (gr. 11) van die Hoërskool Witteberg.

3. Solomon Litlhakanyane (gr. 10) van die Hoërskool Jim Fouché.

Gauteng: Gr. 8 en 9

1. Ewan Basson (gr. 9) van Helpmekaar Kollege.

2. Josua Markram (gr. 8) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

3. Charl Janse van Rensburg (gr. 8) van die Hoërskool Tuine.

Gauteng: Gr. 10 en 11

1. Markus Nel (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

2. Joshuan du Toit (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

3. Pedran Wessels (gr. 11) van die Pretoria Boys' High School.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM