Die 21-jarige Oos-Randse stoeier Edward Lessing het Vrydagaand op die Statebondspele in Birmingham 'n bronsmedalje met 'n enkele punt misgeloop.
Lessing, 'n boorling van Alberton, het in die vrystyl-eindstryd (86kg) om die bronswenner te bepaal, teen die Australiër Jayden Lawrence met 11-12 vasgeval.
Twee ander Suid-Afrikaners is Saterdag in aksie.
Arno van Zyl (vrystyl, 74kg) kom in die vierde ronde teen Curtis Dodge van Wallis te staan.
Jakobo Tanki Tau pak die Nigeriër Ebikewenimo Welson (vrystyl, 57kg) in die kwarteindronde.












