Aktueel

6 voor ná steekvoorval 2 eis, een beseer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
A helicopter airlifts crew members off the SAS Manthatisi. Five crew members were swept overboard and three died in the accident
A helicopter airlifts crew members off the SAS Manthatisi. Five crew members were swept overboard and three died in the accident

Ses verdagtes verskyn Woensdag in die hof nadat ’n steekvoorval voor ’n taverne in Postmasburg na bewering tot die dood van twee mans en die besering van nog een gelei het.

Die beskuldigdes, mans tussen 19 en 47 jaar oud, sal in die landdroshof op die dorp verskyn nadat hulle Maandagmiddag in verband met die gebeure aangekeer is.

Kol. Cherelle Ehlers, ’n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord ná die voorval Maandag omstreeks 02:50 in die Newtown-township.

Twee mans, van onderskeidelik 26 en 27 jaar oud, is in ’n hospitaal dood verklaar en ’n 27-jarige man was teen Dinsdag nog weens sy beserings gehospitaliseer.