In-diepte

Kalender: 26 September tot 3 Oktober

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
elektriese minibustaxi. So lyk die eKamva elektriese minibustaxi. (Stefani Terblanche)

Blaai saam met Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Johnn-Grant Munro, uitleghoof, deur die koerantargiewe se nuus uit dié kalenderweek wat was. Hier is ’n keur uit die koerant se nuusdekking in sy 111-jarige bestaan.

Suid-Afrika

Donderdag 26 September 1996: Eugéne de Kock beweer dat die Sweedse premier Olof Palme in 1986 deur ’n Suid-Afrikaanse spioen doodgeskiet is. Op 27 September berig Die Burger op die voorblad: “PRETORIA. - Die onthulling van Eugene de Kock dat die Suid-Afrikaanse ‘superspioen’ mnr. Craig Williamson betrokke kon wees by die sluipmoord op mnr. Olof Palme, voormalige Sweedse premier, word deur die Sweedse regering in ‘n ernstige lig beskou.

KYK | Klerksdorp-moord: Botha se aansoek geweier Wernich Botha wat aangekla word van die moord op Hilton Pretorius, verlaat Maandag die landdroshof in Klerksdorp. Sy aansoek om ontslag is van die hand gewys. (Susan Cilliers)

“Só het Swede se adjunk-minister van buitelandse sake, mnr. Pierre Schori, gister gesê.

“Die Sweedse ambassade in Suid-Afrika is versoek om soveel moontlik inligting oor die saak te kry.

“Die Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring gesê die departement het hoegenaamd geen inligting oor die ‘buitengewone bewering’ van De Kock nie.

“Ons Pretoriase kantoor berig De Kock het gister in die Hooggeregshof beweer hy het inligting dat mnr. Williamson in sy militêre operasie Longreach betrokke was by die moord in 1986 op mnr. Palme.

“Volgens De Kock was dit een van die sake wat ondersoek moes word voordat dit ‘toegesmeer’ kon word.

“Sy onthulling het gevolg op ‘n stelling van adv. Anton Ackermann SC, vir die staat, aan De Kock dat hy ‘n strateeg is wat alles sal doen om uit ’m moeilike situasie te kom. …

“• Mnr. Palme, ‘n groot teenstander van apartheid, is op 28 Februarie 1986 in ‘n straat in Stockholm doodgeskiet. Hy en sy vrou het die aand van ‘n rolprentvertoning teruggekeer. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem, maar later vrygespreek.

“Mnr. Lars Jonsson, speurder, het uit Stockholm aan Sapa-AP gesê die span weet reeds nege jaar van bewerings dat Suid-Afrikaners betrokke was by die moord en sal al die nuwe inligting bestudeer.

“Koerdiese militante is maar een van talle groepe wat genoem word in samesweringsteorieë. Ook is bespiegel dat regse polisie-offisiere by die moord op die gewilde, linkse premier betrokke kon wees.”

KRY DIE FOTO + EEN VAN EUGENE DE KOCK: https://www.gettyimages.com/detail/news-photo/prime-minister-of-sweden-olof-palme-was-the-leader-of-the-news-photo/543901200?adppopup=true

Vrydag 29 September 1978: John Vorster word aangewys as staatspresident. Op 30 September berig Die Burger op die voorblad: “Die gewese Eerste Minister, mnr. B. J. Vorster, is gister in Kaapstad aangewys as Suid-Afrika se vierde Staatspresident. Hy word op 10 Oktober in Pretoria ingehuldig.

“Die aanwysing van mnr. Vorster het by wyse van stemming geskied waarin hy 173 stemme gekry het teenoor 19 stemme vir Sir De Villiers Graaff, kandidaat van die Nuwe Republiek-Party, en 12 stemme vir prof. G. Bozzoli, die Progressiewe Federale Party se kandidaat.

“Die verkiesing het plaasgevind in die plegstatige atmosfeer yan die raadsaal van die Volksraad, waar die kieskollege, bestaande uit die lede van die Volksraad en die Senaat om tienuur gisteroggend byeengekom het.”

Die onderskrif lui: “Die aangewese Staatspresident, mnr. B.J. Vorster, en mev. Tini Vorster gister by die Parlement afgeneem.”

Donderdag 28 September 1978: P.W. Botha word as premier verkies. Die Burger berig op bl.5: “Vir die eerste keer sedert Uniewording het Suid-Afrika ’n Eerste Minister wat ‘n gebore Vrysta-ter is.

“Mnr. P. W. Botha is wel die afgelope 42 jaar aktief en deurlopend by die Kaaplandse politiek betrokke, maar hy is op 12 Januarie 1916 op ‘n plaas in die distrik Paul Roux gebore.

“Genl. Louis Botha, Suid-Afrika se heel eerste premier, is in Natal gebore. Dr. Hendrik Verwoerd is in Amsterdam, Nederland, gebore, hoewel hy in die Vrystaat grootgeword het.

“Mnr. Botha se vyf ander voorgangers - genl. J.B.M. Hertzog, genl. Jan Smuts, dr. D. F. Malan, adv. Hans Strijdom en mnr. B. J. Vorster — was almal Kaaplanders van geboorte.”

Die onderskrif by dié foto op 30 September lui: “Mev. Elize Botha was eergister eerste by om mnr. P. W. Botha met ‘n heuglike soen geluk te wens nadat hy voorgestel was as die nuwe Premier. Op die agtergrond staan Volksraadslede en senatore van die Nasionale Party-koukus, wat mnr. Botha kort tevore as die agtste eerste minister van Suid-Afrika aangewys het in die plek van mnr. B. J. Vorster en juig die nuwe Premierspaar toe.”

Wêreld

Woensdag 28 September 1994: Altesaam 852 mense sterf naby Finland in die Estonia-veerbootramp. Op 29 September berig Die Burger op die voorblad: “HELSINKI. – Meer as 830 mense het vermoedelik verdrink toe die veerboot Estonia gisteroggend in stormweer in die Baltiese See gesink het.

“Reddingswerkers, wat te kampe het met ‘n stormsterk wind en hoë golwe, kon nog net 126 van die 963 passasiers red. Vyf veerbote, etlike handelskepe en minstens 18 helikopters en vliegtuie het gister aan die reddingsoperasie deelgeneem.

“Die seeramp word as die ergste sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou. Die hoof van die reddingsoperasie in Turku in die suidweste van Finland, mnr. Raimo Tillikainen, het gesê 838 mense is vermoedlik dood. Veertig lyke is teen gistermiddag laat opgepik. Omtrent drie tot vier lyke word elke uur gevind.

“Die Estonia van 15 566 ton het gesink terwyl dit onderweg was van die Estlandse hoofstad, Tallinn, na Stockholm in Swede. “

Voordat dit gesink het, is ‘n noodsein uitgestuur dat die skip oorhel. Die laaste woorde was: ‘Ons sink! Die enjins het gaan staan!’

“ ‘n Oorlewende het gesê die Estonia het binne vyf minute gesink.”

Die Estlandse veerboot Estonia op ‘n vaart in Junie 1994 in die Tallinn hawe in dié land.

Sport

Woensdag 1 Oktober 1975: Muhammad Ali klop Joe Frazier in die ikoniese “Thrilla in Manila” in die Filippyne ná 14 brutale rondtes om sy swaargewigtitel te behou. Op 2 Oktober berig Die Burger op die voorblad: “MANILA. – Muhammad Ali, tam en uitgeput ná die taaiste geveg in sy unieke loopbaan, het dit gister hier sterk laat deurskemer dat hy sy handskoene gaan bêre en afstand sal doen van sy swaargewig-bokstroon.

“Kort nadat hy sy titel behou het deur Joe Frazier in veertien woeste, pynigende rondes te verslaan, het die 33-jarige kampioen verklaar: ‘Daar bestaan ‘n baie groot moontlikheid dat julle die laaste van Ali gesien het. Ek oorweeg dit om af te tree.’ ”

“Hy het gesê hy wil ‘wegkom - ek is moeg’, en bygevoeg dat George Foreman, die vorige kampioen wat hy elf maande gelede in Zaire uitgeslaan het, en Ken Norton en Frazier onder mekaar om sy titel kan veg.

“Ali, wat amper vinniger van mening verander as ’n verkleurmannetjie van kleur, kan egter van plan verander terwyl sy vuiste nog steeds in staat is om hom miljoene dollars in die sak te bring.

“Maar, ná gister se botsing met Frazier — een van die grootste swaargewiggevegte in die geskiedenis – bedoel Ali dalk presies wat hy sê. Dit is ‘n geleentheid om die bokskryt te verlaat met die weerklank van sy triomf vir altyd in sy ore.”

Op bl. 24: “Ali wou gisteroggend in die tiende ronde van sy wêreldtitelgeveg teen Joe Frazier die handdoek ingooi. Hy kon dit egter nie doen nie, omdat ‘ek die kampioen is’.

“ ‘n Moeë Ali het dié bekentenis gedoen kort nadat hy sy swaargewig-bokstitel van die wêreld behou het deur Frazier met ‘n tegniese uitklophou in die veertiende ronde te stuit.

“Dit was een van die mees genadelose en verwoestendste gevegte van alle tye. Ali het self erken dat dit ‘die naaste ding aan die dood is’.”

KRY HIERDIE FOTO’s EN SIT OS BY ASB: https://www.gettyimages.com/detail/news-photo/american-boxer-muhammad-ali-in-his-corner-between-rounds-news-photo/166242077?adppopup=true

https://www.gettyimages.com/detail/news-photo/american-boxer-muhammad-ali-throws-a-punch-at-joe-frazier-news-photo/166241772?adppopup=true

Werd om te weet

Dinsdag 27 September 1977: Die SA Vaal vertrek die laaste keer uit die Kaapstadse hawe na Engeland. Op 28 September berig Die Burger op bl.3: “Die kakofonie van skeepshorings en sirenes hét gister in die Tafelbaaise hawe vaarwel geroep aan die S.A. Vaal, laaste passasier-posboot van Suid-Afrika wat na Brittanje vertrek het.

“Duisende mense het gister op die kaai langs die skip vergader terwyl twee orkeste van die Kaapse Veldartillerie afskeidsmusiek gespeel het.

“Ná ‘n luide gekerm van die S.A. Vaal se skeepshoring is die meertoue losgelaat. Sleepbote het die skip stadig van die kaai weggetrek.

“Terwyl ander skepe en sleepbote in die hawe luid op die skeepshoring van die S.A. Vaal geantwoord het, is sowat duisend kleurryke ballonne in die hawe losgelaat. …

“Die SA Vaal, vlagskip van Safmarine, sal ná sy aankoms op 10 Oktober in Southampton deur nuwe eienaars oorgeneem word. Sy vragruime sal daarna in kajuite omskep word. Die skip sal onder die naam Festivale vakansie-vaarte in die Karibíese See onderneem.

“Die S.A. Vaal is sestien jaar gelede in Brittanje te water gelaat. Safmarine het die skip, eers bekend as die Transvaal Castle, van die ou posboot-redery Union Castle gekoop nadat hy in 1965 ‘n aandeel in die posbootdiens gekry het.”

Die onderskrif lui: DIE laaste passasier-posboot S.A. Vaal het gister vir die laaste keer uit die Tafelbaaise hawe na Brittanje vertrek Hawesleepbote met spuitende waterkanonne, die Suid-Afrikaanse Vlootskip President Pretorius, reddingsvaartuie van die Vloot en die Nasionale Seereddingsinstituut en seiljagte het die luukse-skip uit die hawe vergesel terwyl drie Albatross-vliegtuie en twee straaljagers van die Lugmag ‘n saluut-vlug oor die skip uitgevoer het.Sterfte

Donderdag 28 September 1978: Pous Johannes Paulus I. Op 30 September berig Die Burger op bl.2: “Miljoene Rooms-Katolieke oor die hele wêreld was gister gekok en verslae oor die onverwagte dood van pous Johannes Paulus I nadat hy slegs 33 dae gelede hoof van die Kerk geword het.

“Pous Johannes Paulus is gisteroggend vroeg deur sy private sekretaris, vader John Magee, in sy bed dood aangetref. Die lig in die Pous se kamer het nog gebrand, en dit het gelyk of hy gelees het toe hy dood is. Volgens ‘n dokter is die Pous vermoedelik eergisteraand om elfuur aan ‘n hartaanval dood.”

Die onderskrif by dié voorbladfoto lui: “Pous Johannes Paulus I lê hier in die Clementine-saal van die Vatikaanstad in staatsie terwyl ‘n Switserse wag langs hom op aandag staan. Hy is eergisteraand dood. Berig op bl. 2.”

Ook gesien in die uitgawes

1977 Kirstenbosch gesluit vir braaiers

Op 28 September 1977 berig Die Burger op bl.17: “Die gewilde braai- en piekniekplek langs die parkeerterrein in Kirstenbosch is vir die publiek gesluit omdat kampeerders die pragtige plantegroei daar heeltemal vertrap het.

“Volgens ‘n woordvoerder van die Nasionale Botaniese Tuine sal die piekniekplek nie weer vir die publiek oopgestel word nie omdat die plantegroei jare neem om te herstel.

“Reën het oor die jare die uitgetrapte plante weggespoel sodat daar vandag orals kaal stofkolle is. Pogings om die plantegroei te hervestig en te stabiliseer het misluk en daarom is besluit om kampeerders daar te verbied.

“Volgens die direkteur van die Nasionale Botaniese Tuine, prof. H. B. Rycroft, is die akkerbome ook besig om geleidelik dood te gaan.”

Die onderskrif lui: “Hierdie twee foto’s wys duidelik hoe die plantegroei by die braai- en piekniekplek in Kirstenbosch uitgetrap is. Die foto met die blomme is geneem op ‘n stuk grond wat aan die piekniekplek grens.”

1978

1975:

1977:

Op die silwerskerm

1977: Wild Geese met Roger Moore word in Suid-Afrika verfilm. Op 30 September berig Die Burger op die voorblad: “Die Britse akteur Roger Moore, alias die legendariese James Bond, 007, alias The Saint, het gisteroggend in Suid- Afrika aangekom vir die verfilming van die rolprent Wild Geese.

“Akteurs soos Richard Burton, Richard Harris en Hardy Kruger tree saam met hom in die rolprent op. Werk aan die prent begin op 3 Oktober op Tshipise in Noord-Transvaal.

“Kruger, een van Duitsland se bekendste internasionale akteurs, is reeds op Tshipise en Richard Burton en sy vrou, Susie, sou gisteraand laat in Johannesburg aankom.

“Roger Moore se vrou, die Italiaanse aktrise Luisa Mattoli, sal oor twee weke hierheen kom.

“By sy aankoms het die 49-jarige Moore baie opgewek en met daardie kenmerkende vonkel in sy blou oe, geamuseerd vertel hoe hy ure lank op die lughawe Heathrow in Londen vertraag is omdat die lugverkeerbeheerders steeds gestaak het hoewel hulle 007 inhul midde gehad het.

“Die rolprentheld het so uit die hoek van sy oog na bo geloer om te kyk of sy stralekransie nog daar is — toe hy hoor dat hy op die oomblik nog The Saint is. Sy gewildheid hier skryf hy toe aan die goeie smaak van die Suid-Afrikaners.

“Maar Moore is hier as ‘n huursoldaat, nie as The Saint nie. Hy speel die rol van ‘n roekelose en wilde Ierse huursoldaat en vlieënier.

“Hy sê hy is ook nie bang vir die terroriste daar naby die Rhodesiese grens nie. Hulle ken mos James Bond se reputasie - hulle moet eerder vir hom bang wees: ‘Onthou, ek het verlof om dood te maak.’

Spotprent

29 September 1978: