Die Burger

Kierang winterkoue met vuurwarm wynervarings

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Moenie dat die winterweer jou in die huis hou nie. Gaan uit en besoek een van hierdie plekke vir 'n heerlike ervaring.

Le Pommier

Le Pommier-wynlandgoed is net buite Stellenbosch op die Helshoogtepas in die rigting van Franschhoek geleë.

Dié gesinsvriendelike wynplaas spog met manjifieke berguitsigte en bied 'n restaurant, verskeie verblyfopsies (insluitend selfsorgeenhede), 'n wynproelokaal asook twee geleentheidslokale.

Le Pommier-restaurant is kindervriendelik met 'n speelplek buite en bied ook 'n spesiale kinderspyskaart.

Maandae tot Donderdae tussen 16:00 en 19:00 betaal kinders slegs halfprys.

By die wynproelokaal kan die kleinspan kies tussen twee parings: lekkergoed en gegeurde melk of pizza en sap teen R75.

Bespreek gerus bogenoemde opsies deur 021 885 1269 te skakel of besoek www.lepommier.co.za

Neethlingshof

Die triestige winterweer gee jou die ideale verskoning om Neethlingshof se Winter Flash Food & Slow Wine Pairing te beproef!

Jy het 'n keuse van vyf kitskosvingerhappies gepaar met wêreldklas-wyne.

Die paring bestaan uit romerige tamatiesop bedien met chenin blanc, 'n gekruide groentesamoesa met Gewürztraminer, braaihoendersosatie met malbec, mini-hamburger met aarbeijellie en donkersjokoladeskaafsels saam met die Owl Post, asook 'n porsie malvapoeding met drop wat saam met die Caracal Bordeaux-versnit voorgesit word.

Dié heerlike paring kos slegs R160 per persoon.

Besprekings is noodsaaklik. Vir meer inligting skakel 021 883 8988 of stuur gerus ook e-pos na info@neethlingshof.co.za. Besoek www.neethlingshof.co.za vir meer inligting.

Perdeberg

Is jy dalk in die tweede week van die skoolvakansie lus vir iets om te doen wat 'n warm kaggelvuur en rooiwyn insluit? By Perdeberg kry jy albei in hul gewilde paring van rooiwyn en wildvleis.

Jy kry vier verskillende wildvleis-geïnspireerde happies wat met rooiwyne uit hul onderskeie reekse gepaar word.

Die spyskaart bestaan uit wildsdroëwors met Vineyard Collection Cinsault 2022, biltongpatee met Vineyard Collection Pinotage 2021, 'n wildvleisrolletjie met Vineyard Collection Malbec 2021 en 'n klein wildsburger met The Dry Land Collection Tenacious Shiraz 2019. Die wynproe beloop R150 per persoon en al die wyne is ook by die proelokaal te koop.

Skakel 021 869 8244 of stuur e-pos na tasting@perdeberg.co.za om jou plek te bespreek. Besoek www.perdeberg.co.za vir meer inligting.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur dieadverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerdedienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM