Geborg deur:
Darling Cellars

Verras pa hierdie Vadersdag met iets werklik merkwaardigs -'n elegante bottel Darling Cellars SirCharles Cabernet Sauvignon/Merlot.
Dit is vir die hele maand van Junie teen 'n spesiale prys tekoop.
Darling se wynboere kweek druiwe op droëland vandiepgewortelde bosstok- wingerde, wat lei tot wyne wat die oer-oue grond enkusklimaat weerspieël waarvoor dié streek bekend is.
Sir Charles is 'n diep en komplekse wyn met lae vanswartvrugte, seder, rooi pruime, sjokolade en tabak. Dit is sag en elegant met‘n lang, blywende nasmaak.
Of jou pa nou 'n gesoute wynliefhebber is of eenvoudig 'ngoeie glas saam met aandete geniet, Sir Charles is die perfekte geskenk.
Dit is aanlyn te koop byshop.darlingcellars.co.za/sir-charles-cabernet-sauvignon-merlot, of skakel 022492 2276
Robertson Wines

Klink hierdie Vadersdag 'n glasie met 'n wyn wat net sobetroubaar soos die pa-figuur in jou lewe is.
Die Robertson Winery Cabernet Sauvignon is sag, vol karakteren selfversekerd - net soos die pa's wat ons elke jaar vier. Dié cabernetsauvignon uit die hartjie van die Robertsonvallei is die resultaat van agtdekades se wynmaak-kennis. Dit is vrugtig en ongekunsteld, wat dit die idealemetgesel maak by 'n winterbraai of 'n gesellige gesprek by die kaggel.
En omdat Pa iets spesiaals verdien, gee RobertsonWinery jou nou die kans om 'nVadersdag-bederf ter waarde van R2 500 te wen. Die prys sluit in 'n geskenkboksmet 'n 3 liter-bottel cabernet sauvignon en 'n mansbeursie van Jekyll and Hide- perfek vir die man wat gehalte waardeer. (Gebruik die QR-kode om in teskryf.)
Besoek robertsonwinery.co.za vir meer inligting.
Pimp my Party

Die kos-innoveerder Nicki Russell het pas Pimp My Partybekendgestel. Dit is Suid-Afrika se eerste skemerkelkie-geïnspireerde,alkoholvrye sagte lekkergoed.
Dit is te kry in geure soos Pina Colada, Brandy and Cola,Passion Fruit Martini en Strawberry Daiquiri. Daar is dus iets vir bykans elkesmaak, van diegene wat alkohol vermy tot suikertande. Dit bevat al die geur van'n skemerkelkie maar geen alkohol - 'n partytjie in elke lekker.

Kry dit nou aanlyn by thinkflavour.co.za en inuitsoekwinkels landwyd. Nicki se ander produkte sluit in Pimp My Braai en PimpMy Mayo - ook perfek vir daardie spesiale man in jou lewe.
















