LET WEL: Slegs beskikbaar binne die Netwerk24-app!
'n Nuwe aflaai-funksie vir e-publikasies is beslis iets waarna ons almal uitgesien het! Maak dus seker jy laai die jongste weergawe van die app af om jou e-publikasie veilig te kan aflaai om dit sonder 'n internetverbinding te kan lees.

Dié aflaaifunksie bestaan slegs in die Netwerk24-apps (vir Android- en Apple-toestelle) en maak dit moontlik om enige tyd, enige plek jou gunsteling-koerant en -tydskrif sonder 'n internetverbinding te lees. Dit beskerm ook die waardevolle inhoud van koerante en tydskrifte teen die wederregtelike verspreiding daarvan. Op e-publikasies op jou rekenaar en selfoonwebtuiste kan jy slegs e-publikasies lees wanneer jy 'n internetverbinding het en jy kan dus nie enige e-publikasies aflaai nie.
MAAK SO:
Maak die Netwerk24-app oop. Druk op ‘E-publikasies' op die hoofnavigasie onder op jou skerm. Dit sal jou na die biblioteek van e-publikasies neem. Of gaan na 'Vind als' en druk op hierdie ikoon om ook na die biblioteek te gaan.

Druk op die aflaai-knoppie om die e-publikasie af te laai. As jy aflaai-aksie wil staak, druk weer op dieselfde knoppie - dié keer wys dit 'n X-ikoon om aan te dui dat jy die aflaaifunksie kan staak of kanselleer.
Vind die afgelaaide koerant en/of tydskrif deur op die drie kolletjies regs bo te druk en ‘Afgelaai' te kies. Verwyder 'n afgelaaide e-publikasie deur op die kruisie te druk.
ONTHOU: Jy kan 'n hele uitgawe of slegs enkele bladsye aflaai. Jy kan steeds jou app oopmaak en by jou afgelaaide e-publikasies uitkom sonder dat jy 'n internetverbinding het.
HAAK JY VAS?

















