Regstreekse nuusdekking, soos gebeure ontvou, is lank reeds deel van die Netwerk24-aanbod. Nou kan jy ook die groot sportgebeure bal-vir-bal, hou-vir-hou volg danksy ons regstreekse wedstrydfunksie. Aan die sakefront kan veranderinge in die finansiële markte regstreeks gesien word terwyl intekenare ook op die hoogte kan bly van die jongste Sens-kennisgewings.

VIND REGSTREEKSE WEDSTRYD-INLIGTING HIER:
Op jou selfoon en in app:
Druk op ‘Vind als' in die hoofnavigasie onder op jou selfoonskerm. Gaan dan na ‘Sport' onder die Netwerk24-inhoudskategorieë of druk op die drie kolletjies onder mekaar op die Sport-kategorieteëltjie om dadelik by die onderafdelings van die Sport-kategorie uit te kom.
Wanneer 'n toernooi of wedstrydreeks aan die gang is, sal die regstreekse tellings, kommentaar in Afrikaans én Engels vir groot wedstryde, óf slegs in Engels deur ons inhoudverskaffer beskikbaar wees, asook die puntelyste en telkaarte.

Op jou rekenaar:
Vind die regstreekse telling met 'n skakel na die regstreekse wedstryd-inligting in die regterkantse kolom op die Netwerk24-tuisblad en Sport-blad. Jy kan ook na die spesifieke toernooie of reekse onder Rugby, Krieket en Sokker navigeer vir die regstreekse inligting en kommentaar.
VIND JOU MARK-INLIGTING HIER:

Op jou selfoon en in app:
Vind dit vinnig deur op ‘Vind als' in die hoofnavigasie onder op jou selfoonskerm te druk en rol af tot waar jy die Markte-ikoon saam met die ander uitstaanfunsies van Netwerk24 sal vind.
Jy kan ook op hierdie skerm na die 'Sake'-kategorieteëltjie gaan, op die drie kolletjies onder mekaar druk en dan die 'Markte'-onderafdeling kies.
Op jou rekenaar:
In die regterkantse kolom op die Netwerk24-tuisblad en Sake-blad sal jy die kassie vind met die regstreekse markinligting, asook die ‘Blitsblik op 'n maatskappy'-soekveld, waar jy die jongste Sens-inligting van 'n spesifieke maatskappy kan sien.

HAAK JY VAS?





