Netwerk24 bied nie net nasionale brekende nuus nie. Jy kan ook die nuus in jou streek op Netwerk24 kry danksy die koerant in jou streek wat ook 'n tuiste hier op Netwerk24 het.
Volg dié stappe om jou streeknuus te vind:
Op die rekenaar
Klik op 'Streeknuus' op die navigasie heelbo op jou skerm om die volle lys van beskikbare streeknuus-webtuistes op Netwerk24 te sien. Klik op die publikasie wat die nuus in jou streek dek.

Op jou selfoon en in die app
Druk op die pienk 'Vind als'-knoppie in die hoofnavigasie onder op jou skerm.

Rol af op die skerm om by die volle lys streeknuuspublikasies uit te kom. Klik op die logo van die publikasies in jou streek.

OM JOU STREEKNUUS AS 'N E-KOERANT OP NETWERK24 TE LEES
Op die rekenaar
Klik op 'E-publikasies' in die hoofnavigasie op Netwerk24. Alle streekkoerante lê onder 'Koerante'.
Op jou selfoon en in die app
Druk op 'E-publikasies' in die hoofnavigasie onder op jou selfoonskerm.














