(Genoeg vir 50 halwe braaihoenders)
- 25 hoenders
- 1,5 liter (6 k) wynasyn
- 1,5 liter (6 k) olie
- 250 ml (1 k) worcestersous
- 10 ml (2 t) rissiesous
- 6 uie, gekap
- 60 ml (4 e) gekapte knoffel
- 30 ml (2 e) fyn paprika
- 4 lourierblare
- 250 ml (1 k) tamatiesous
- 20 ml (4 t) aangemaakte mosterd
- 90 ml (6 e) sout
1. Halveer die hoenders met 'n skerp mes of kombuisskêr in die lengte.
2. Meng al die bestanddele vir die sous deeglik.
3. Laat die halwe hoenders sowat 12 uur lank marineer.
4. Braai hulle stadig oor kole, of rooster in die oond.
5. Verf van die sous herhaaldelik met 'n kwassie aan terwyl die hoenders braai.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















