Gevulde dadels
• Kleur die fondant ligpienk en geur dit met rooswater. Ontpit dadels en vul hulle met fondant. 'n Gepelde amandel kan in die fondant toegerol word voordat dit in die dadel geplaas word.
Pepermentlekkers
• Smelt Gekookte fondant* oor kookwater in 'n dubbelkastrol en geur met 'n paar druppels pepermentolie. Kleur dit liggroen of laat net so. Drup dit met 'n teelepel op gesmeerde bakpapier en laat stol.
Tutti-frutti
• Voeg 'n paar druppels amandelgeursel by fondant. Voeg 'n mengsel van gekapte rosyne, dadels, droëvye of groenvyekonfyt, glanskersies en versuikerde skil daarby. Gebruik 1 deel vrugte vir elke 2 dele fondant. Vorm dit tot 'n plat laag en sny dit ná 'n paar uur in blokkies.
Sjokolade
• Knie die fondant en voeg amandel- of koffiegeursel en 'n mengsel van gekapte neute en gerasperde vars of droë klapper by, of gebruik dit sonder die neute. Vorm albasters of blokkies, soos verkies, en doop dit soos volg in gesmelte sjokolade:
• Plaas die sjokolade in die bodeel van 'n dubbelkastrol en giet warm water in die onderste kastrol. Die water moenie kook nie. Dit moet gedurende die hele proses net sterk warm bly, omdat 'n té hoë temperatuur die sjokolade sal bederf. Roer aan-houdend tot gesmelt en klop dan goed.
• Sit die gevormde fondantlekkers een-een in die gesmelte sjokolade en haal dit met 'n dun breipen of 'n spesiale doopvurkie uit sodra 'n goeie lagie sjokolade daarom gevorm het.
• Plaas die sjokoladelekkers op gesmeerde bakpapier sodat die sjokolade kan verhard.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















