- 30 ml (2 e) gelatien
- 60 ml (4 e) koue water
- 500 ml (2 k) suiker
- 1 ml (¼ t) sout
- 30 ml (2 e) gouestroop
- 190 ml (¾ k) kookwater
- 2 eierwitte
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- versiersuiker
1. Week gelatien in koue water.
2. Roer suiker, sout, stroop en kookwater in 'n kastrol tot die suiker opgelos het.
3. Kook oor lae tot matige hitte sonder om te roer tot die mengsel 'n sagte bal vorm as dit in koue water getoets word*, 114,5 ºC (238 ºF) by seevlak.
4. Haal kastrol van stool af en voeg geweekte gelatien by.
5. Klop mengsel tot dit wit is.
6. Klits die eierwitte styf en voeg by.
7. Klop die mengsel tot dit dik en draderig is.
8. Voeg geursel by en meng goed.
9. Giet in 'n vlak vierkantige pan van sowat 22 cm wat met botter gesmeer en met versiersuiker bestuif is.
10. Sif versiersuiker bo-oor. Laat styf word.
11. Sny in blokkies en rol in versiersuiker.
Variasies
• Kleur die lekkers enige kleur. Dit moet egter ‘n baie ligte kleur wees.
• Voeg fyngekapte neute, dadels, rosyne of glanskersies saam met die vanielje-geursel by.
• Rol die lekkers in droë of geroosterde klapper pleks van versiersuiker.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















