- 500 ml (2 k) suiker
- 60 ml (4 e) gouestroop
- 'n knippie sout
- 375 ml (1½ k) room
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
1. Sit suiker, stroop, sout en 125 ml (½ k) van die room in 'n groot kastrol.
2. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos het. Kook oor 'n lae tot matige hitte en roer aanhoudend maar stadig tot mengsel 'n sagte bal vorm as dit in koue water getoets word*, 114,5 ºC (238 ºF) by seevlak.
3. Voeg nog 125 ml (½ k) room by en kook weer tot dit 'n sagte bal in koue water vorm. Roer baie stadig om te voorkom dat die mengsel skroei.
4. Voeg res van die room by en kook tot die mengsel 'n stywe bal in die koue water vorm, 118 ºC (244 ºF) by seevlak. Voeg geursel by.
5. Gooi uit in 'n pan van so 10 x 22 cm wat met botter gesmeer is en laat mengsel koud word.
6. Sny in blokkies, draai in sellofaanpapier toe en bêre.
Variasies
• Neutkaramels
Voeg 250 ml (1 k) gekapte okkerneute, pekanneute, amandels of grondboontjies by net voordat mengsel in pan gegiet word.
• Klapperkaramels
Voeg 250 ml (1 k) droë klapper by net voordat mengsel in pan gegiet word.
• Vrugtekaramels
Sny 190 ml (¾ k) pitlose rosyne of kersies in stukkies. Voeg by net voordat mengsel in pan gegiet word.
• Sjokoladekaramels
Voeg 100 g gerasperde sjokolade saam met laaste 125 ml (½ k) room by.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT






