- 1,75 kg geelbek, kabeljou, koningklip of enige ferm wit vis
- sout en peper
- 125 ml (½ k) suiker
- 45 ml (3 e) matige kerriepoeier
- 15 ml (1 e) borrie
- 20 ml (4 t) sout, of na smaak
- 2,5 ml (½ t) rooipeper (opsioneel)
- 750 ml (3 k) asyn
- 125 ml (½ k) water
- 4 middelslag-uie, in dun ringe gesny
- 6 gekneusde suurlemoen- of lourierblare
1. Berei die vis voor* en sny in mootjies.
2. Strooi sout en peper liggies oor.
3. Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, 20 ml (4 t) sout, rooipeper (indien gebruik), asyn en water in 'n groot platboomkastrol (nie 'n yster- of aluminiumkastrol nie).
4. Voeg die uieringe en suurlemoenblare by en kook 20 - 30 minute.
5. Sit die vismootjies versigtig in die mengsel sodat almal bedek is en kook nog 20 minute of tot vis goed gaar is. Skep af en toe van die kerriesous oor die vis en draai die mootjies om, indien nodig.
6. Pak die vis in lae in bottels of 'n erdebak en giet van die warm kerriemengsel oor elke laag sodat dit heeltemal bedek is. Giet die res van die sous bo-oor en laat afkoel. Verseël en bêre op 'n koel plek. Die vis sal ná 2 of 3 dae geëet kan word.
Wenk
• Indien verkies, kan enige van die volgende speserye en geurmiddels na smaak bygevoeg word: heel koljandersade, swartpeperkorrels, heel wonderpeper, naeltjies, brandrissies of vars gemmer.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















