- varsgekookte kreef
- Mayonnaise*
- slaaiblare
Meng die uitgedopte, fyngesnyde kreef en mayonnaise na smaak en skep in die hartjie van elke slaaiblaar.
Wenke
• Indien verkies, geur mayonnaise met kerriepoeier of 'n knippie saffraan en suurlemoensap na smaak. Die mayonnaise kan ook met suurlemoenskil, gekapte dille, vinkel, grasuie, sprietuie of pietersielie gegeur word.
• Gaar kreef kan by 180 °C (350 °F) in 'n dun Witsous* of room in die oond gebak word. Geur die sous of room na smaak met sout, peper, suurlemoensap, gekapte vars kruie, bv. dille, Italiaanse pietersielie of origanum, of selfs 'n bietjie kerriepoeier. Die kreef kan ook in gesmeerde skulpbakkies of kreefdoppe gebak en voorgesit word.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT



















