- 375 ml (1½ k) meelblom
- 2,5 ml (½ t) sout
- 125 ml (½ k) yskoue botter of margarien
- 60 ml (4 e) yswater
1. Sif meelblom en sout twee keer saam.
2. Rasper botter of margarien en werk met 'n deegsnyer of die vingerpunte by die droë mengsel in tot dit egalig gemeng en die stukkies so groot soos ertjies is.
3. Voeg yswater by en roer deeg met 'n vurk om dit te meng. Stoot deeg wat klam genoeg is opsy sodat die vloeistof met die res van die mengsel in aanraking kan kom.
4. Druk die stukke deeg liggies aanmekaar (moenie te veel hanteer nie) en draai in waspapier toe. Laat oornag in die yskas.
5. Sny van die deeg na behoefte af, rol op 'n meelbestrooide werkoppervlak tot 3 mm dik uit en gebruik vir terte en pasteie.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















