Aktueel

Akteur Ivan Lucas (62) sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die akteur Ivan D. Lucas is Dinsdagaand in die ouderdom van 62 oorlede.

Hy het kanker gehad en het in 'n hospitaal in Johannesburg gesterf. Sy lewensmaat, die aktrise Vinette Ebrahim, was by hom.

Die akteur en musikant Ivan Lucas. Foto: Verskaf
Die akteur en musikant Ivan Lucas. Foto: Verskaf

Die akteur Royston Stoffels, 'n goeie vriend en kollega van Lucas, het die nuus aan Netwerk24 bevestig.

Lucas is veral bekend vir sy toneelwerk en sy hoofrol saam met Ebrahim in Athol Fugard se bekroonde toneelstuk Boesman en Lena.

Hy was ook in groot rolprente soos Leon Schuster se Sweet 'n Short en 'n bekende gesig in die gewilde sepie Madam & Eve.

Huldeblyke het ingestroom op sosiale media vir die "geweldig talentvolle" kunstenaar wat 'n groot verbeeldingskrag gehad het.

Lucas is in Kaapstad gebore en het aan die Athlone High School gematrikuleer voordat hy drama aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer het.

Hy het ook kitaar gespeel en graag musiek gemaak, en het ook geskryf.

Lucas het nie kinders gehad nie en word oorleef deur Ebrahim en drie susters.

Hy word Saterdag in Johannesburg veras.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die storie.

Candice Jantjies

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM