Aktueel

Sanger Jody Wayne sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jody Wayne, wat in die 1970's en 1980's naam gemaak het met treffers soos "Patches" en "The Wedding", is in die ouderdom van 77 dood.

Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum het die nuus Dinsdagoggend bekend gemaak.

Die verklaring lui: "Dis vir ons baie moeilik om julle mee te deel dat die musieklegende Jody Wayne pas oorlede is. Jody was 77 jaar oud en het vir meer as 60 jaar professioneel opgetree.

"Sy onlangse TV-opname op ons TV-reeks, Die huis van legendes, wat op die 26ste Januarie 2022 opgeneem was, sal later vanjaar uitgesaai word waar hy ook 'Patches' vir ons gesing het. Dit was sy heel laaste TV-opname en ons is dankbaar dat hy dit kon doen, al was hy toe al siek."

Volg Netwerk24 vir meer.

Jody Wayne
Jody Wayne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM