Die Amerikaanse sanger Meat Loaf, wat veral bekend was vir sy treffer "I'd Do Anything for Love", het op 74-jarige ouderdom gesterf.

Dit is op sy amptelike Facebook-blad aangekondig, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.
Deborah, sy vrou, was by hom toe hy Donderdagaand gesterf het, lui die inskrywing.
Die loopbaan van Meat Loaf, wie se regte naam Marvin Lee Aday was, het gestrek oor sowat ses dekades en hy het meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop.
Volgens sy Facebook-blad is sy 1977-album, Bat Out of Hell, steeds onder die toptien albums wat verkope wêreldwyd betref.















