
In VitalRemains vertelAmos van der Merwe (Naledi, R279)die emosionele lewensverhaal van Winston Wicomb. Lesers sal sy broer, Randall,herken as ? bekende sanger. Winston se gesin het as blankes geleefin die jare toe daar nog streng apartheid toegepas is en mense volgens rasgeklassifiseer is. Ongelukkig vir Winston was hy nie lig van gelaat nie en elkekeer as daar ? klop aan die deur was, moes hy agter ? groot hangkas gaanwegkruip, sodat die gesin nie uitgevang word nie. Die gesin het in vrees gelewe.Winston het grootgeword met die besef dat sy donker vel nie aanvaarbaar wasnie. Dit het ernstige letsels op hom gelaat en het gemaak dat hy as ?verstoteling geleef het. Ten spyte hiervan het hy baie struikelblokke oorkom omuiteindelik saam met Chris Barnard te werk, waar hy ? merkwaardige bydraegemaak het tot die sukses van orgaanoorplantings. Hy het 'n apparaat ontwikkelwat harte lewendig hou terwyl dit vervoer word vir oorplanting. Sydeursettingsvermoë is bewonderingswaardig. ? Lewensverhaal wat eenvoudig geleesmoet word! - Phyllis Green

Jeremy vannie Elsies,Jeremy Veary (Tafelberg, R270)
Die persoonlikelewensreis oor Jeremy se ‘komvandaan' vertel hy met brutale eerlikheid. Dielewe in Elsiesrivier was ongenaakbaar en jy moes sterk wees om te oorleef.Vandaar Jeremy se politieke bewuswording en aktivisme, en lidmaatskap van MKwat daartoe gelei het dat hy as bandiet op Robbeneiland beland het. Ná diepolitieke onderhandelinge en oorgang word hy as politieke gevangene vrygelaat.Hy word 'n lyfwag van Mandela en word later deel van die nuwe SAPD waar hy metgewese vyande moet saamwerk om terrorisme en geweld op die Kaapse vlaktes tebeveg. Soos hy oor homself sê: "Ek bly 'n onvoltooide tapisserie waarin diegoed, die sleg en die grys ewewigtig in my wording saamgevleg is." Ek kon eenvoudighierdie lewensverhaal nie neersit nie. Jeremy se lewensverhaal het soveelaaklige gebeure uit die verlede na vore gebring, maar wys dat dit wel oorkomkan word. - Phyllis Green

Truitjie roer my nie,Scahlk Bezuidenhout (Queillerie, R220)
As jy SchalkBezuidenhout nie ken nie, dan is dit tyd om hom te leer ken. Hy is daai26-jarige outjie van Kemptonpark wat vreemde truitjies dra en watstand-up-komedie doen by feeste, op klein dorpies en natuurlik in Kempton. Hywas die aanbieder van Die Kliek opVia en hy het die rol van Danny gespeel in die kykNet-reeks, Hotel. Hy het in 2015 die voorprogramgedoen vir Trevor Noah en het al 'n paar keer oorsee ook gaan optree. Inhierdie baie eerlike boek vertel hy van sy grootwordjare, van hoe sy lewenspadgeloop het tot waar hy nou is. Ernst Grundling werk al byna drie jaar saam metSchalk en deel ook van sy ervaringe saam met Schalk. Ná die lees van hierdieboek het ek besef 'n komediant moet hare op sy tande hê om voor 'n gehoor tegaan staan en hulle te probeer laat lag. Veral as daar 'n klomp dronk mense iswat probeer om self die vertoning te doen. Schalk beskryf skreeusnaaksegebeure, maar ook hartroerende gesprekke wat hy met mense gehad het. Een dingwat jy moet weet, is die naam Schalk Bezuidenhout gaan jy nog baie hoor ensien. - Phyllis Green

Stroomop, HaraldPakendorf (Penguin, R230)
Die boekhet die subtitel "Herinneringe van 'n koerantman in die apartheidsera."Vir mywat jare gelede self by die koerante gewerk het, was dit insiggewend.Pakendorf gee 'n boeiende persoonlike oorsig oor die gebeure in 'nonstuimige tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Nie net vertel hy meer oor sypersoonlike lewe nie, maar ook oor sy loopbaan as koerantredakteur by Oggendblad(1972-1979) en Die Vaderland (1980-1986). Sy liberaleseining het heelwat politici warm onder die kraag gehad en hy vertel van diekere toe hy deur John Vorster en PW Botha gebel is en versoek is om te komverduidelik waarom daar in sy koerant geskryf is wat geskryf is! As leser krymens 'n ander beeld van die binnewerking van die koerante van daardie tyd endie groot stories waaroor geskryf is. Wat my die meeste getref het, was diehoofstuk waarin Pakendorf onthul het watter interessante dinge agter die skermsgebeur het, goed wat nie die koerante gehaal het nie. Hierdie gesoutekoerantman was 'n voorloper van sy tyd en behoort as voorbeeld te dien virenige voornemende joernalis. - PhyllisGreen

Tell me your story, RudaLandman (Tafelberg, R285)
Die boek bestaanuit negentien onderhoude wat Ruda Landman met 'n verskeidenheid mense uitverskillende agtergronde gedoen het om te gesels oor hul lewens en hoeverandering hulle geaffekteer het. Daaris gesprekke met onder meer John Kani, Gugu Zulu, Arno Carstens, JonathanShapiro, Ferial Haffajee en Wouter Kellerman. Die laaste onderhoud in die boekis een wat sy met haarself gedoen het en waarin sy verduidelik hoe diejoernalistiek haar uit haar gemaksone geneem het en uiteindelik gemaak het datsy haar horisonne verbreed het oor mense vanuit ander rassegroepe enagtergronde as die een waaruit sy kom.Mense se stories is fassinerend en hier is nie 'n tekort aan inspirasie om joute laat dink nie. Party van die mense laat jou skuldig voel oor jou eielewenskeuses wat jy vanuit 'n bevoorregte posisie kon maak. Ander onderhoude laatjou in bewondering vir mense se deursettingsvermoë om teen alle verwagtinge in'n sukses van hul lewens te maak. Die diversiteit van die mense met wieonderhoude gevoer is, verskaf intense leesgenot. Hierdie boek bly op mybedkassie, want ek wil weer en weer in van die onderhoude delf. - Phyllis Green

Yes, Really!, KateTurkington (Tafelberg, R265)
In hierdiedertiende boek van Kate Turkington skryf sy oor haar vroeë kinderjare, haartwee huwelike, haar vele buite-egtelike verhoudings en haar loopbaan. Sy lêhaar lewe nie in 'n chronologiese tydlyn uit nie, maar skryf eerder soos watdie herinneringe haar op haar terugreis in die verlede neem. Sy het baie beleefen het groot waagmoed aan die dag gelê om geleenthede aan te gryp, sonder om telank daaroor te tob. Sy skryf uitgebreid oor haar twee stormagtige huwelike, haartwee eggenote se verhoudings met ander vroue, haar liefde vir die tweeweerbarstige mans, haar reise heen en weer na Afrika vir haar werk en oor haarkinders.Dis 'n lewe vol avontuur, drama en dikwels omstredenheid. Tog kan jy nie andersas om haar te bewonder vir met hoeveel geesdrif sy die lewe aanpak nie. Wat joubybly ná die lees van haar verhaal is haar optimisme en positiwiteit -'nindrukwekkende lewe van 'n lewenslustige vrou. - Phyllis Green

On Leopard Rock, WilburSmith (Bonnier Zaffre, R295)
Meer as 130miljoen eksemplare van hierdie skrywer se boeke is wêreldwyd verkoop. Wanneerjy Smith se memoires lees, verstaan jy waarom lesers so gek oor sy boeke is. Hyis 'n storieverteller uit dieboonste rakke, 'n raconteur van vergange jare toe jag en 'n avontuurlike lewenog aan die orde van die dag was. Smith skryf al vir 50 jaar en dis insiggewendom 'n kykie in sy lewe te kry, asook die gebeure wat aanleiding tot sy verhalegegee het. Hy het 'n heldeverering vir sy pa en gebruik baie van sy pa seeienskappe en ervarings om sy karakters te skep. Smith se liefde vir lees komvan sy ma en mens kan maar net dankbaar wees daarvoor. Dit het gemaak dat hybesluit het om 'n skrywer te word. 'n Kykie in die lewe van iemand wat weet hoeom jou aan sy lippe te laat hang! - PhyllisGreen

My Lewensreis:Springbok, Politikus, Diplomaat, Dawie de Villiers metChris Schoeman (Zebra Press, R300)
Wanneer mens ooriemand se lewe lees, kry jy nie net insig in die persoon nie, maar in diegebeurevan die tyd waarin die spesifiekepersoon se lewe afspeel. So is dit ook met Dawie de Villiers. Predikant,Springbokkaptein, filosoof, kabinetsminister, ambassadeur, wêreldreisiger engesinsman is van die hoede wat hy dra. Tussen 1962 en 1970 het hy in 25 toetsevir die Springbokke uitgedraf, 22 keer as kaptein van die span. Hy beskryf hoehy van vroeg in sy lewe reeds 'n belangstelling in die politiek gehad het enhoe hy in 1971 in die kabinet beland het. Hy was tot 1997 'n minister, waarnahy as ambassadeur in Londen gedien het tot 1980. Terug in Suid-Afrika het hyweer in die kabinet gedien as minister en ook in die ministersraad van dievolksraad. Hy was nou betrokke by die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang nademokrasie. Toe neem sy loopbaan hom na Spanje as adjunk-sekretaris-generaalvan die World Tourism Organisation. Hy gee mens 'n interessante kykie na diebinnekring van die politiek waarby hy betrokke was. Maar wat tref, is symenslikheid en sy hegte gesinsbande, sy lewenslus om te reis. Voorwaar die leeswerd. - Phyllis Green

Rocket Man, JessicaEasto (Agate Publishing, R230)
Suid-Afrikaans geboreElon Musk is een van die bekendste entrepeneurs ter wêreld. Sy eerste fortuinhet hy gemaak met internet maatskappye soos Paypal. Sy grootste ambisie is omdie wêreld te verander. Dit wil hy doen deur sy twee maatskappye, Tesla Motorsen SpaceX. Hy wil hê dat vervoer ekonomies volhoubaar en eko-vriendelik moetwees, daarom glo hy in elektriese motors wat se batterye met sonkrag gelaai kanword. In die voorwoord sê die skrywer oor Musk: "The truth is that even if allof his ventures folded today, Musk's efforts have already acceleratedhumanity's progress toward sustainable energy and multiplanetary civilization."Die boek bestaan uit aanhalings van Musk uit toesprake, tydskrifartikels,vergaderings en konferensies. Een van Musk se mantra's is dat hy ander mensenie sal vra om in sy maatskappye te belê as hy nie sy eie geld daarin belê nie.Hierdie een bly my by: "If something's important enough, you should try. Evenif the probable outcome is failure."
- PhyllisGreen

The way I see it, JürgenSchadeberg (Picador, R300)
As 'n fotograafwas dit nog altyd vir my 'n openbaring om ander fotograwe se memoires te lees.Fotograwe werk in 'n visuele medium en het 'n ander manier van hoe hulle na diewêreld kyk. Toe ek hierdie boek deur Jürgen Schadeberg ontdek, kon ek nie wagom te sien hoe hy sy ervarings boekstaaf nie. En ek was nie teleurgesteld nie.Dis 'n aangrypende lewensverhaal waarin hy vertel hoe hy die TweedeWêreldoorlog in Duitsland as kind moes oorleef. Ná die oorlog het sy ma saammet haar nuwe man na Suid-Afrika geëmigreer en Jürgen het fotografieseopleiding as onbetaalde vrywilliger in Hamburg gekry. Ná twee jaar van hardebene kou, het hy besluit om sy ma na Suid-Afrika te volg. Wat volg is dieverhaal van iemand wat met toewyding en inisiatief vir homself 'n lewe asfotograaf uitgekerf het. Maklik was dit nie! Uiteindelik het hy as fotograaf byDrum gewerk en deur sy oë sien jy die geskiedenis van Suid-Afrika deur die jaredeur die stories waarby hy betrokke was. Dit gee 'n baie persoonlike beskouingvan die gebeure in die land vanuit 'n ander perspektief as die een wat diekoerante van die dag voorgehou het. Mense is mense en hul stories blyinteressant, maak nie saak wie hulle is en waar hulle vandaan kom nie. Ek isdankbaar vir iemand soos Schadeberg en sy toewyding om die vele fasette van dielewe te dokumenteer. 'n Boek wat ek ten sterkste kan aanbeveel. Hy het 'ngemaklike en boeiende skryfstyl en ek het gevoel ek het meer van my eie landgeleer tussen hierdie blaaie waar ek deur iemand anders se oë daarna kon kyk. -Phyllis Green

Things even Gonzálezcan't fix, Christy Chilimgras (MF Books, R225)
Christy Chilimgrasse lewensverhaal is hartroerend. Al is sy net 24 jaar oud. In haar leeftyd hetsy euwels ervaar wat geen kind ooit mee te doene moet kry nie. Haar ouers is dwelmveslaafdeswat geen geheim daarvan voor Christy enhaar suster gemaak het nie. Nadat haar ma dit nie meer met haar man kon uithounie, trek sy en haar twee dogters by 'n ander man in - een waar die kindersblootgestel word aan mense wat hulle vergryp aan drank en die terloopse dwelmom mee te ontspan. Van 'n vroeë ouderdom af raak die kinders bewus van seks enweet hulle veel meer as wat goed is vir hulle. Was dit nie vir die twee sustersse sterk band nie, sou hulle baie erger emosioneel daaraan toe gewees het.Dis skokkend om te dink dat iemand so disfunksionele kinderlewe het. Tog komChristy aan die anderkant uit met 'n wysheid wat haar deur die jare helpoorleef het. Dis 'n debuut wat gelees moet word! Vir die skokkende storie, maarvir die wonderlike woordgebruik en manier waarop die memoires geskryf is. - Phyllis Green













