
Dis ingeskiedskrywing waar die ware omvang van gebeure uiteengesit word en waar jyveronderstel is om 'n objektiewe verslag van die geskiedenis te kry. So dikwelsgebeur dit nie, want in baie gevalle word gebeure deur die oorwinnaars (leesregering van 'n spesifieke tydperk) van 'n oorlog vanuit hul oogpunt opgeteken.Dus lees mens net die een perspektief van gebeure. Kate Mosse skryfgeskiedkundige fiksie waarin sy probeer om gemarginaliseerdes se ervarings inhistoriese konteks uit te beeld. In 'n onderhoud het sy gesê: "Mensevergeet dat geskiedenis nie net deur die oorwinnaars geskryf word nie, maar ookdeur dié wat penne besit."
Ek is Hendrik Witbooi deur Conny Braam (Protea Boekhuis,R295) is 'n voorbeeld van hoe die geskiedenis van die Namavolk weergegee wordvanuit dié kaptein van die Namas se perspektief. Wanneer jy hierdie geskiedenisgaan navors, kom jy agter dat dit meestal vanuit Duitse perspektief geboekstaafword. Braam vertel die ander kant van die geskiedenis. Sy steun sterk op diehonderde briewe wat Hendrik Witbooi aan Duitse goewerneurs en ander politiekeleiers van die 1880's geskryf het om die verhaal te vertel.In 1884 het Duitsland besluit om Suidwes-Afrika (die huidige Namibië) tekolonialiseer omdat dit hulle in 'n magtiger politieke posisie in die wêreld souplaas en omdat die gebied waardevolle minerale vir ontginning kon bied. Opdieselfde tydstip onderhandel Hendrik met die Herero's sodat hy sy Namavolkdeur hul grondgebied kan lei op pad na die noorde om van die droogte van dieKalahariwoestyn te ontsnap. Toe sy trek begin, stap die eerste keiserlike afgevaardigde,dr. Göring, aan land om die kolonie te kom vestig. Dis onvermydelik dat daar konflik tussen hierdie rolspelers ontstaan en Braamvertel in geen onsekere terme hoe verradderlik die Duitsers ooreenkomsteverbreek het en met hoeveel argwaan hulle teenoor die plaaslike volke opgetreehet nie. Daarteenoor was Hendrik immer 'n vredesoeker en het hy in syomvattende briefskrywery die hand van vriendskap uitgereik na die Duitsers. Toesy hand in die as geklap word en hy met minagting geïgnoreer is, het hy hom totsy landgenote in Afrika gewend. Onder sy leierskap het hy eenheid onder dieplaaslike volke bewerkstellig om in opstand te kom teen die Duitse oorheersing.Met ontstellende akkurraatheid word geskryf oor die wreedheid van die stryd enhoe die Duitse Schutztruppe die inheemse volke afgemaai en uitgemoor het opbevel van hul bevelvoerder en met goedkeuring van die Duitse keiser.
Braam se boek verskaf 'n unieke perspektief vanuit Hendrik Witbooi se skrywes oorhoe die kolonialiseringsproses in Suidwes-Afrika gedryf is. In diegeskiedkundige roman word gesigte geteken en onvergeetlike persoonlikhedewaardeur die geskiedenis lewe kry, word aan jou bekend gestel. Jou simpatie lêby Hendrik. Dat hy een van die grootste vryheidstryders in Afrika was, isonweerlegbaar. Sy dagboek, briewe en kredietboek word in die Nasionale Argiefvan Namibië bewaar. In 2005 is aanbeveel dat The Hendrik Witbooi Papers opgeneem moet word in die Unesco Memory of the World Register. Braam se boek is uitstekend in Afrikaans vertaal deur Zandra Bezuidenhout.

The Suspect, FionaBarton (Penguin, R290)
Ek hou baie van die manier waarop Fiona Bartonhaar stories vertel. Dié oudjoernalis se hoofkarakter, Kate Waters, is 'nster-joernalis by 'n Londense koerant. Al het die media omgewing verander, isKate nog ou skool. Sy glo sy moet die ekstra myl loop om te sorg dat diestories wat sy skryf haar koerant se voorblad haal en dat sy met integriteitdie feite weergee. Vir my wat self in die joernalistiek is, is Waters 'n uitersgeloofwaardige karakter, 'n joernalis met integriteit. In hierdie verhaal gaan drie egpare se kinders op reis na Thailand. Waters seseun Jake is al vir twee jaar op 'n gap jaar, nadat hy sy universiteitstudiesopgeskop het. Wanneer Rosie en Alex, twee meisies van Londen, wegraak inThailand skryf Waters daaroor vir haar koerant. In plaas van op die sensasievan die gebeure te fokus, het sy met empatie uitgereik na die ouers en so hulvertroue gewen. Ná 'n brand by die gastehuis waar die twee meisies gebly het,word hul lyke gevind. Wanneer die ouers Bangkok toe vlieg om hulle te gaanuitken, stuur Kate se koerant haar om die storie te dek. Daar aangekom, ontdeksy haar seun Jake is 'n verdagte, omdat hy ook by die herberg was, maar da thy nouspoorloss verdwyn het. Ewe skielik is die gesoute joernalis aan die ontvangkantvan die geniepsige vrae wat so maklik deur haar medejoernaliste uitgedeel word.Haar dilemma is dat sy steeds die enigste joernalis is wat in die binnekringvan die ouers toegelaat word, maar sal hulle haar vertrou om objektief oor diestorie verslag te lewer. Neem hulle haar seun kwalik vir wat gebeur het?
Jy moet enduit lees om te sien met hoeveel flair Barton die storie laatuitspeel. Sy hou jou aan die raai oor wie die skuldige is. Die sterk temas oormoederskap, lojaliteit en integriteit waarmee die storie onderlê word, maak dieverhaal 'n lekker leeservaring. - PhyllisGreen

Expectation, AnnaHope (Doubleday, R290)
Hannah, Cate enLissa is boesemvriendinne, al verskil die drie hemelsbreed van mekaar. Hulle isjonk en energiek en hul lewens lê voor hulle. Hulle droom oor die verskil wathulle wil maak, oor die sukses en vordering wat hulle in hul gekoseloopbaanvelde wil bereik en natuurlik oor die groot liefde van hul lewens wathulle wil vind.Jy lees met verwondering oor hul idealistiese verwagtinge en droom saam methulle oor die toekoms. En dan tree die onwrikbare werklikheid van die lewe opdie voorgrond. Dis tien jaar later en die drie onafskeidbare vriendinne hetstelselmatig uitmekaar gedryf, soos die aanslae van die lewe hulle gefoeterhet. Hulle kyk terug en bepeins die teleurstellings en kompromieë wat hullegemaak het. Oor hul loopbane, liefde en ideale ... Vir elkeen lyk die ander selewe soveel rooskleuriger as hul eie en beny hulle mekaar se lewens. Tot hullewerklik eerlik met mekaar is en besef dat elkeen self moet bepaal met hoeveelbetekenis hulle hul eie lewens moet lei. Was hulle ideale en verwagtingerealisties?
Anna Hopeondersoek die mooi en die lelik van vriendskap en die waarde wat warevriendskap tot mens se lewe toevoeg. Dis 'n deernisvolle en menslike verhaalwat fokus op verwagting en realiteit. - Phyllis Green

How it ends, SaskiaSarginson (Piatkus, R315)
In 1957 moet dieDelaneys hul tuiste in Amerika verlaat, wanneer Todd verplaas word na dieAmerikaanse lugmagbasis in Suffolk, Engeland. Die aanpassing is moeilik, wantniemand meng met die wêreld buite die afgesonderde en hoogs geheime weermagbasisnie. Hedy en haar tweelingbroer Christopher voel soos buitestaanders. Ma Rubyverloor haarself al hoe meer in die pille wat haar deur die dag moet dra.Wanneer Todd in hegtenis geneem word, en Christopher se lyk in die woud gevindword, is alles te veel vir Ruby. Nà haar ineenstorting word sy opgeneem in 'n inrigting vir sielsiekes.Hedy begin soek na antwoorde op haar vrae en sy begin om die verhaal watChristopher twee maande voor sy dood gedagboek het, na te speur. So word sygekonfronteer met die besef dat jy mense nie onwrikbaar kan vertrou nie, dat jykrities moet kyk na waarom hulle betrokke is in jou lewe. 'n Skokkendeontdekking beantwoord uiteindelik al haar vrae en laat haar ontnugterd enverwese.
Saskia Sarginson ondersoek in hierdie fiktiewe verhaal die gevolge van Amerikase Project MK Ultra-program waarin mediese eksperimente met dwelms op mensegedoen is in 'n poging om chemiese oorlogvoering met sukses te kan voer. Die gewetenloosheid van dié gebeure laat jou stom. Oorloglaat geen onskuldiges agter nie. - PhyllisGreen

Noorman,SD Fourie (Penguin, R250)
Ná Die lanternswaaier (2011) en Die dooies leef (2014), is Noorman die derde boek in SD Fourie seStrandveld-trilogie. Gelukkig staan Noormansterk genoeg om op sy eie gelees te word sonder agtergrondkennis van die vorigetwee boeke. Diéhistoriese roman speel af tussen 1920 en 2018. Die invloed van diedepressiejare, die Tweede Wêreldoorlog, en apartheid, waarna verwys word as "'nbrand wat vir soveel jare oor die land gewoed het" (p293), is voortdurendverweef met die ontwikkeling van die karakters.
In elk vandie hoofstukke is een van die hoofkarakters afwisselend aan die woord. Daar isRobert MacFarlane, wat almal gedink het oorlede is, maar toe uit die niet weerin die Strandveld opdaag as skatryk Jac Gerard. Hy bevriend Louisa (Lewiesa),'n sogenaamde "klimmeidjie" en deel van die "werksvolk" van die naburige plaas,Vredehoek. Sy noem hom Noorman, en hy word haar leermeester en vertroueling,kompleet met 'n verwysing na Pygmalion. Louisa vertel vir Maria, die "nôy vanVredehoek", van Noorman wat alleen op Watervalkloof woon. Wanneer Maria enNoorman ontmoet, spat die vonke, veral omdat hy gedurig sonder sy hemp is …Maar haat en liefde lê langs mekaar, waarsku Noorman, en mettertyd word Maria'n verbitterde vrou wat in 'n grondtwis met Noorman betrokke raak. Haarbesluite laat die slot van die roman op 'n fyn mespunt balanseer.
'n Lekkerwoordelys aan die einde verduidelik interessante volksuitdrukkings wat in dieroman voorkom. So, byvoorbeeld, word na swart koffie verwys as 'nbittermondjie! - Mercia S Burger

Yellowbone, EkowDuker (Kwela, R320)
KaraboBentil weet van kleins af dat sy anders is as die res van die kinders inMthata. Haar ligte vel maak van haar 'n gesogte raarheid, maar ook 'nuitgeworpene onder haar eie mense. Elders in Mthata smag die eksentrieke,visioen-sienende violis, André Potgieter, na 'n ander lewe waar hy nieveroordeel word omdat hy nie inpas nie. Kort voor lank bevind hy hom in Londenas musiekonderwyser.
Met behulp van 'n beurs kry Karabo die geleentheid om ook in Londen te studeeren dis hier waar haar en André se lewens vlugtig oorvleuel - deels te danke aan''n driehonderd-jaar oue viool.
Op die oog af lyk dit of Yellowbonevooroordeel teenoor seksuele oriëntasie en velkleur aanroer, maar dit strekveel wyer as dit. Dit wys dat talent, voorreg of geleenthede jou nie vrywaarvan ondeurdagte, impulsiewe besluite nie en dat dit jou lewe in 'n oogwink kanverander. - Sonja van der Westhuizen

Paris Echo, SebastianFaulks (Penguin, R290)
Ek voelskrikkerig om so 'nhoogs aangeskrewe skrywer en boek te kritiseer, maar wat, dié resensie is inAfrikaans en Faulks gaan dit beslis nie lees nie, so here goes…In Paris Echo loop twee buitelandersmekaar in die stad van liefde raak: Hannah is 'n Amerikaanse akademikus wat vir dietweede keer in Parys is om navorsing te doen oor die vroue van die Franseweerstandsbeweging tydens die Tweede Wêreldoorlog; Tariq is 'n Algerynse tiener wat hom vir sy pavererg het en toe sommer Parys toe geryloop het om bietjie sy wortels te soek,want sy oorlede ma het van Parys af gekom. Hannah se hart is op haar vorigebesoek gebreek, Tariq hoop om liefde (lees: seks) daar te vind.Hannah se storie en karakter is interessant en geloofwaardig. Tariq s'n nie.Hoe die twee se paadjies kruis en die bolangse vriendskap wat tussen hulle ontwikkel,is ook net te dik vir'ndaalder. Soveel van Tariq se avonture in Parys het my net laat dink ‘ag, nee,regtig?' Ek was ook al jonk en platsak in Parys, so ek weet waarvan ek praat.Ek is nou wel nie 'njong, Moslemman nie, maar Faulks is dit ook nie, en ek dink sy verbeeldin g ofnavorsing het hom in die steek gelaat. Ek dink ook Faulks is self besonder tuisin Parys en dan is dit moeilik om as buitestaander te skryf, wat nog te sê 'n nie-Europese buitestander.
Die tweede laag van die boek, waar die vroue wat Hannah navors se storiesvertel word, is goed genoeg om die storie te red en vorentoe te dra. Maar dieboek se eggo het vir my maar vinnig weggesterf. - Helen Schöer

Insidious Intent, Val McDermid (LittleBrown, R315)
Tony Hill, 'n sielkundige, en voormalige polisiespeurder Carol Jordan isdeel van die nuwe ReMit-span. Dié span vorm deel van ses polisie-owerhede seMajor Incident Team wat 'n reeksmoordenaar moet vang. Sy slagoffer is vroue watalleen troues bywoon.In die noorde van Engeland raak vroue weg by troues. 'n Patroon begin vorm:Iemand daag ongenooid by die troues op en lok die vroue weg. Hul liggame wordin hul eie uitgebrande voertuie op afgeleë plekke gevind. Die ReMIT-span sehulp word ingeroep, maar dit is moontlik die moeilikste saak wat hulle nog moeshanteer.Tony en Carol word ingetrek in 'n donker web van vrees en wraak wat hulleforseer om hul eie idees van geregtigheid te bevraagteken. Die verhaal is onberispelik geplot en is aangrypend. - Nadia de Jongh

Ill Will, The untoldstory of Heathcliff, Michael Stewart (Harper Collins,R275)
Heathcliff verlaatWuthering Heights en reis na Liverpool op soek na sy verlede. Alhoewel hy inWuthering Heights grootgeword het, is hy as 'n jong kind soontoe geneem en weethy nie wie sy ouers was en waarom hulle hom weggegee het nie. Op pad red hy Emilyvan erge lyfstraf as die boer waar hy werk se seun Dick en 'n vriend haar met 'nsweep slaan. Tydens die reddingspoging kap Heathcliff, wat homself Williamnoem, Dick se hand af. Heathcliff en Emily vlug en gebruik Emily se oënskynlikevermoë om met die dooies te kommunikeer as 'n manier om geld te maak. So liegen bedrieg en steel hulle hul pad oop na Liverpool. Hulle bly een stappie voordie wraaksugtige Dick en sy vriende.
'n Interessante vertelling oor Heathcliff se jonger dae, alhoewel die taalgebruiken uitbeelding van Heathcliff die meer puristiese lesers van Emily Brönte magontstel. - Karien Labuschagne

Sibanda and the rainbird. C.M. Elliott (Constable, R325)
In Gubu, Zimbabwe, word die polisie uitgeroep na dieluukse wildsreservaat Thunduluka wanneer daar tydens 'n vroeëoggend wildrit op 'nverminkte liggaam afgekom word. Inspekteur Jabulani Sibanda en sersant Ncubeword uitgestuur om die saak te ondersoek. Dit is 'n grusame gesig wat op hulle wag, omdat die aasvoëlsreeds 'ngeruime tyd al besig was om te vreet. Die oorledene het geen identifikasie aanhom nie en die enigste leidrade is 'nmes met ‘B' daarop uitgekerf en die voertuigspore van 'n ToyotaLand Cruiser. Wanneeer hulle 'nstukkie blou verf van 'nvoertuig af op die liggaam vind, besef Sibanda die saak het so pas baie meerkompleks geword. Die gewetenlose goewerneur Ngwenya besit 'n blouToyota Land Cruiser. Om sake verder te kompliseer, is Sibanda verloof aan diebeeldskone Khanyi maar hy moet sy afspraak met haar ma Mantini, om Khanyi sebruidsprys (lobola) vas te stel kanselleer.
Die interessante verhaal het verskeie storielyne waarmee die leser moet kophou. - Karien Labuschagne

The WhiteRoad, Sarah Lotz (Hodder & Stoughton, R295)
SimonNewman beskryf homself as 'n avonturier wat ekstreme sportsoorte beoefen. Hy ensy vriend Thierry Andre het 'n sensasionele webwerf wat al sy, Simon, seavonture met die wêreld deel. Met die hulp van Ed Ferry, met wie Simon via dieinternet kontak gemaak het, oortree hy op private grond om die Cwm Pot-grottein Wales te besoek. Dis verbode om die grotte te besoek nadat drie jong mansdaar dood is. Tragedie tref en slegs Simon word uit die grotte gered. Oornagword hy 'n internet sensasie. Simon is egter erg getraumatiseerd en glo dat Ed byhom spook, of dat hy besig is om mal te word. Thierry besluit die enigstemanier hoe Simon die gebeure van Cwn Pot-grotte gaan oorkom, en troef, is deurEverest uit te klim. By die basiskamp ter voorbereiding om die berg uit teklim, ontmoet Simon vir Mark wie se ma, Juliet Michaels, 'n ervare bergklimmer,'n paar jaar gelede op die berg gesterf het. Nie net Simon se ervaring op syklimtog word uitgebeeld nie, maar ook Julia se verhaal word deur haar dagboekinskrywings, wat Simon op die berg vind, vertel.
Dis 'n fassinerende verhaal wat gruwel en spanning kombineer. Wat egter ongeloofwaardigis, is dat Simon as 'n onervare, maar ook oorgewig en onfikse bergklimmertoegelaat sal word om Everest uit te klim. - Karien Labuschagne

Relativity, AntoniaHayes (LittleBrown, R360)
Diewetenskapsveld, kwantumfisika is reg oor die wêreld sinoniem met die naamStephen Hawking. Èn Stephen Hawking is Ethan se held. Ethan en sy ma Claire, 'nvoormalige ballerina wat steeds by die balletskool in Sydney werk, kyk graagsaam sterre. Nadat Ethan in die hospitaal beland weens aanvalle wat soosepilepsie lyk, glo Ethan se dokters dat hy 'n genie is, omdat hy die fisikateorieëas fisiese manifestasies rondom hom kan sien. Sy dokters is oortuig dat Ethanse spesiale talent voortspruit uit 'n tragiese ongeluk wat met hom gebeur hettoe hy 'n baba was. Hulle stuur hom vir verdere toetse en glo dat syuitgebreide fisikakennis 'n resultaat van genetiese geheue is. Hy ontmoet selfsprofessore van die universiteit waar sy pa voorheen studeer het. Ethan weet niedat sy pa 'n fisikus is nie, want hy het nog nooit sy pa ontmoet nie. Maar sypa is wel terug in Sydney en Claire sal nie haar kind veel langer teen syverlede kan beskerm nie.
Relativitylees nie regdeuroortuigend nie en die gebruik van tegniese definisies oorskadu die tema vanliefde en vergifnis. Alhoewel die tegniese terme help om Ethan se wêreld in tekleur, veroorsaak dit plek-plek dat sy karakter ongeloofwaardig voorkom. Diekarakters van Claire en Mark ontwikkel ook nie ten volle nie, maar diestorielyn is tog tot aan die einde boeiend. -Antoinique van Staden

The White Room,Craig Higginson (Picador, R265)
DieSuid-Afrikaanse dramaturg, Hannah Meade, is in Londen om die openingsaand vanhaar nuutste verhoogstuk by te woon. Sy onthou die jare wat sy in Londen geblyhet en die gebeure wat daartoe gelei het dat sy Parys toe is. En sy onthouPierre, die ander hoofkarakter in haar verhoogstuk. Dis hier waar die lynetussen die werklikheid en fiksie bietjie oorvleuel wanneer Hannah in die gehoorsit om haar eie verhoogstuk te kyk.
Hannah is'n Engelse onderwyseres by 'n taalskool. Sy weet nie of sy kans sien vir nogstudente nie want sy verkies om eerder op haar eie skryfwerk te fokus. Tog isPierre baie oortuigend. Hy volg haar totdat sy uiteindelik ingee om hom Engelste leer. Hulle kom ooreen om elke Woensdag vir klasse by haar woonstel teontmoet. Pierre se aanvanklike fassinasie met Hannah word vinnig met woede enraserny vervang. Hy steel van haar notaboeke in 'n poging om haar beter te leerken. Maar partykeer bestaan die persoon eintlik net in jou eie verbeelding endie waarheid is moeiliker om mee saam te leef.
Aan dieeinde van die verhoogstuk wil Hannah weghardloop want sy het 'n fout gemaak omdie verhoogstuk te skryf. Èn om Pierre se regte naam te gebruik. 'n Komplekse verhaal wat die spyt enspoke uit die verlede verweef wat lewenslank 'n impak op jou kan hê, selfs alhardloop jy tot aan die einde van die aarde . . . In 'n poging om te ontsnap van die leuens waarvan jy jouselfoortuig het. - Antoinique van Staden

A Column of Fire, KenFollet (Macmillan, R195)
In die historiese roman vertel Follet van die strydtussen die Protestante en Katolieke in Engeland. Die verhaal begin in 1558,strek oor 50 jaar, en word vertel deur die lewens van spioene en geheime agenteaan beide kante van die konflik. Ons word betrek in die stryd tussen Elizabethen Mary, Queen of Scots, as die regmatige heerser van Engeland. Ned Willard, 'n ambisieusehelper van koningin Elizabeth, se opdrag is om komplotte wat deur ekstremistebeplan word, uit te wis. Hy is verlief op Margery Fitzgerald, 'n toegewydeKatoliek, wat help om priesters na Engeland te smokkel, maar wat gekant is teendie gewelddadige verset teen die Protestante wat deur haar broer Roloondersteun word.
Follet slaag daarin om denkbeeldige karakters met historiese figure en gebeurete laat saamsmelt. Hy is'nuitmuntende storieverteller wat kyk-na-my-navorsing vermy ten gunste van dieontbloting van sy karakters se harte. Dit sorg vir 'n heerlikeleeservaring. Die roman sluit aan by sy vorige treffers "The Pillars of theEarth" en "World Without End" wat ook in die fiktiewewolhandelmark, Kingsbridge, afspeel. - GertVenter.
Pryse is voorgesteldepryse en kan wissel van winkel tot winkel.













