Boeke

Skoonheid in gebrokenheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Poësie

Klaarte

Louis Esterhuizen

NALEDI, R260

Louis Esterhuizen se 12de digbundel bevat lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouer wordende mense, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self.

Verrassend is die eerlike dog sardoniese wyse waarmee daar soms gekyk word na nypende kwessies soos veroudering, siekte en politieke omwentelinge.

Trouens, hierdie bundel kan sekerlik beskou word as memoires in versvorm wat sterk herinner aan die Japannese lewensbeskouing van wabi-sabi, waarvolgens daar skoonheid gevind kan word in gebrokenheid.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM