Boeke

Wat is jou grootste wens?

Zirk van den Berg FOTO: Brenda Veldtman
Zirk van den Berg FOTO: Brenda Veldtman (Brenda Veldtman)

InZirk van den Berg se jongste roman, Ekwens, ek wens (Kwela, R220), is dít die dilemma waarvoor Seb te staan kom.Hy is 'n lykbesorger en in sy loopbaan by White Lily Funerals moes hy al baiemense voorberei vir hul laaste rusplek. Dis iets wat hy nog altyd met respekaangepak het, en hy doen sy werk goed. Wanneer hy die lyke balsem, die organeterugpak in die lyfholtes en die gesigte grimeer, "moet [hy] die roubeklaersekstra ontsteltenis spaar deur die afgestorwene so aanneemlik moontlik te laatlyk". Vir Seb is die voorbereidingskamer sy heiligdom en hy werk eerder daar aswat hy by die begrafnis self diens doen. Partykeer wens Seb vir 'n ingrypingwat hom uit sy vervelige bestaan sal losruk.Op 'n dag kry Seb besoek van die terminaalsiek seuntjie Gawie, wat meer wilweet oor wat met sy liggaam gaan gebeur die dag wanneer hy sterf. Tydens diebesoek vertel Gawie vir Seb die sprokie van die man wat drie wense gekry het. Sooswat die verhaal sy loop neem, is hierdie besoek die ingryping waarvoor Sebgewens het. Sy hele lewe word op sy kop gedraai. En hy besef die reuse-verantwoordelikheidwat gepaardgaan met wense ...

Diebedrieglik dun boekie is glad nie makaber nie, ondanks die hoofkarakter se werken die grafiese beskrywing daarvan. Die verhaal boei van die openingstoneel totdie laaste blad. Die sprokie wat geopenbaar word, lei die leser om ookselfondersoek te doen na die kwessies waaroor Seb tob. Ek wens, ek wens is eg menslik, empaties en 'n verhaal wat hierdieleser nie sommer sal vergeet nie. Boonop het dit my weer in wense laat glo!

Ekhet per e-pos met Zirk van den Berg gesels.

Wou jy reeds op skool 'n skrywer word?

Ja.Ek het my eerste stories geskryf toe ek twaalf was. Ek onthou die onderwyserhet hulle in die klas voorgelees.

Kan jy onthou wat die eerste dingis wat jy geskryf het waarop jy trots was?

Toeek vyftien was, het ek 'n skoolopstel geskryf met die titel "Die stoel watHester gegee het". Ek onthou my Afrikaansonderwyser het dit vir anderonderwysers gewys, en ek het goed gevoel daaroor.

Jy het as 'n kunsjoernalis gewerk. Het jou joernalistieke agtergrond 'n invloed op hoe jy jou kreatiewe skryfwerkbenader?

Eerderandersom. Ek het 'n joernalis geword omdat ek hou van skryf. Ek dink nie ek wasooit juis 'n goeie joernalis nie. Daar is egter elemente van joernalistiek waarbyek aanklank vind, naamlik 'n ondersoekende houding en 'n helder skryfwyse. Ekhaat dit as ek iets lees en ek kan nie agterkom wie waar is, wie praat enwanneer dit afspeel nie. Jy kan nie 'n groot duisterheid belig as jy nie vanparagraaf tot paragraaf helder is nie.

Jy het ook saam met 'n hele klomp joernaliste gewerk wat later skrywers geword het. Wil jyiets hieroor sê?

Ekhet saam met André le Roux by Die Burgerse kunsblad gewerk. My eerste boek,Ekstra dun vir meer gevoel, sou skaars sonder sy aansporing kon bestaan. Onsbaas was Kerneels Breytenbach, wat natuurlik later ook as uitgewer en skrywerbekend sou word. Maar eintlik merkwaardiger is die klomp kollegas wat in dievroeë 1990's almal saam in Sanlam se kommunikasiedepartement gewerk het. FrancoisBloemhof, Deon Meyer, Rudie van Rensburg, Regina Kemp en Jaco Wolmarans en ek hetalmal boeke geskryf, en Piet Grobler het naam gemaak vir sy illustrasies. Hoopnie ek vergeet nou iemand nie.

Jou gepubliseerde romans is almalin verskillende genres. Waarom verkies jy om nie in een spesifieke genre teskryf nie?

Partykeerkry ek 'n idee vir een soort storie, en partykeer vir 'n ander. Dit sou sekergoed gewees het vir verkope as ek kon spesialiseer, maar ek kon dit tot dusvernie regkry nie. (Bygesê, daar is nou al drie historiese verhale, met nog oppad.) Ongeag die genre is dit nog altyd ek wat skryf, en ek vermoed daar is 'nsekere lewensbeskouing wat deurskemer, en dat my manier van skryf deurlopendeeienskappe het.

Jy doen ook heelwat vertaalwerk.Hoe moeilik is dit om 'n ander skrywer se woorde te vertaal sonderom sy unieke stem te verloor?

Diegoed wat ek vertaal, is nou nie hogere literatuur nie. Dis maklik genoeg om genre-skrywerssoos Wilbur Smith of Philip Kerr se stem te behou. Ek hou eers redelik direk bywat hulle skryf, en eers met die latere redigering, wanneer ek al agter die kapvan die byl gekom het, bewerk ek die taal om gemakliker Afrikaans te wees.

Jy woon in Nieu-Seeland. Maak ditskryf in Afrikaans moeiliker?

Asek in Suid-Afrika gebly het, sou baie dinge skryfgewys seker makliker geweeshet. Dit sou makliker gewees het om 'n teenwoordigheid in die mark te handhaaf,om mense te herinner dat ek bestaan. En dan is Afrikaans al twintig jaar lankgrotendeels 'n taal wat ek net met my gesin praat. Ek vermoed my taal hetagtergeraak by moderne Afrikaans. Maar ek self en die goed wat ek skryf, is niejuis hip of cool nie, en ek dink my Afrikaans is toepaslik vir my boeke.

Jy het naby Ryk Hattingh gewoon inNieu-Seeland. Was julle vriende en het julle met mekaar oor skryf gepraat?

Rykwas inderdaad my beste vriend in Nieu-Seeland, en ek het Ek wens, ek wens aan hom opgedra. Ons het heel verskillende soortegoed geskryf, maar tog oor die vakkundige aspekte van skryf gepraat. Dis nou asons nie geskinder het of oor rugby of goed gepraat het wat gebeur het nie. Ekdink Ek wens, ek wens is al van mywat hy ooit gelees het. Hy het glo sy helper by die skoenherstelplek gebel engesê hy kom nie die dag werk toe nie, hy lees nou eers hierdie boek. Sypositiewe reaksie het vir my baie beteken.

Het jy 'n vaste skryfroetine, of kan jy enige tyd, enige plek skryf?

Ekkan enige plek 'n paragraaf opmaak, maar skryf die beste as ek in mystudeerkamer sit, verkieslik soggens voordat ek my dagtaak begin, en baiemaalsaans. As ek nie by my skryftafel werk nie, sit ek meestal op 'n gehawende ougemakstoel met breë leunings wat my rekenaarmuis akkommodeer, met 'nskootrekenaar op my knieë. Skryfwerk gebeur eintlik in 'n mens se kop, en dierekenaar is maar net 'n manier om dit vas te vang.

Jy het in 2014 die kykNET-Rapportprysin die rolprentkategorie gewen met jou roman 'n Ander mens.Het dit druk op jou gesit met die skryf van jou volgende romans?

Jykan jou nie aan drukgroepe steur nie, het Hennie Aucamp my reg aan die beginvan my loopbaan gemaan. En ek probeer om maar net van dag tot dag te skryf watek graag sal wil lees, sonder om te veel te dink oor wat mense van my verwag.In elk geval, toe ek daardie prys kry, was dit al iets soos vyftien jaar nadatek die boek begin skryf het, en tien jaar nadat hy oorspronklik in Engelsverskyn het. Ek het lankal aanbeweeg.

Die hoofkarakter in jou jongste roman, Ek wens, ek wens, is 'n lykbesorger. Die werk van 'n lykbesorger kan nogal makaber wees. Togskryf jy met geweldige empatie daaroor. Wat was die vonk vir die verhaal en hoehet jy die navorsing aangepak?

Soverek kan onthou, het ek van meet af die gedagte gehad dat die ou wat begin glo hykan iets wens wat waar gaan word, 'n lykbesorger is. Dit was nooit 'ndoelbewuste besluit om die beroep te laat figureer nie. Ek het toevallig 'nlykbesorger geken, en hy het my rondgewys by sy werk en my vrae geantwoord. Ekhet later by 'n ander een ook gaan kers opsteek oor die begrafnisaspek van dieberoep. Snaaks genoeg het ek nadat ek die boek geskryf het, nogal intensiefbetrokke geraak by 'n ketting begrafnisondernemings en met tientalle mense indie beroep gepraat. Gelukkig het ek toe niks agtergekom wat weerspreek het watek geskryf het nie.

Weet jy vooraf waarop jou verhaalafstuur, of ontwikkel die gebeure soos wat jy skryf?

Meestalkristalliseer die verhaalgang gaandeweg terwyl ek skryf. Ek het gewoonlik 'nsituasie in gedagte wanneer ek begin, en dan skryf ek wat vooraf gebeur watdaardie situasie tot gevolg het, en/of dit wat uit die situasie voortspruit.Met Ek wens, ek wens het ek eers net'n begin gehad - die seuntjie wat by die lykbesorger kom kuier en vir hom diesprokie van die drie wense vertel. Dit het my die beste deel van 'n dekade gevatom uit te werk wat om met die idee te doen.

Die verhaal word agterop die boekas 'n sprokie vir ons eie tyd beskryf. Stem jysaam daarmee?

Jawat, die beskrywing deug. Al is dit nie noodwendig 'n sprokie nie. Al het ditnie noodwendig 'n boodskap vir 'n spesifieke tyd nie. Daar is egter 'nsprokieselement in die storie, en dit speel eietyds af en ek hoop mense leesdit nou.

Aan die begin van die verhaal isSeb se verhouding met sy kinders afgestomp, maar sy ontmoeting met diesterwende seuntjie Gawie raak hom diep. Hoe het dit hom verander? Het dit hommeer bewus van sy kinders se emosies gemaak?

Ekwil my liefs nie op hierdie terrein begeef nie - laat die lesers en literatoremaar die boek ontleed as hulle wil. 'n Boek is 'n masjien wat lesings genereer.(Soos in readings, nie lectures nie, hoewel lg. ook moontlikis.) Die boek is nou uit my hande uit.

Waarom die titel Ek wens, ek wens?

Dismaar soos 'n kind sou sê. Ek wens, ek wens vir dit of dat. Daar is vir my 'nversugting in waarby ek aanklank vind, en ek hoop lesers ook.

As jy net een wens gehad het, watsou dit wees?

Eksou iets groots wou wens, soos dat mense oraloor ophou om nonsens te glo. Ditsal die wêreld 'n vreedsamer, welvarender en vriendeliker plek maak. As ek mywens tot my eie lewe moes beperk, sou ek wens dat geen groot ongeluk my en mygesin se lewe kom beduiwel nie. Ons is oukei om self voort te foeter.

Watter boeke lê op jou bedkassie?

Ekhet nie 'n bedkassie nie. Maar as ek een gehad het, sou ek benewens die boekwaarmee ek besig is, graag die volgende boeke daar wou hou: Man's Search for Meaning van ViktorFrankl, King Solomon en The Life Before Us van Romain Gary en The Following Story van Cees Nooteboom.Dis boeke wat ek graag herlees.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM