Flieks

Nuwe flieks: Longlegs

Longlegs ****

Hanteer hierdie langeraat met handskoene. Dit word in Amerika bestempel as vanjaar se grusaamste riller. Nie noodwendig oor die bloeddorstigheid nie, maar oor die nuwe invalshoek.

Die ergste is Nicolas Cage wat homself vervorm en mismaak het in die jaar se afskuwelikste grieselgees. Hy is onherkenbaar onder wit grimering en lyk soos die Elephant Man op steroïede. Die glimpsies wat ons aanvanklik van hom kry, net om daarna deur die hele satansgedrog gekonfronteer te word, sal jou lank teister.

Dit bars deur die plafon waarin rillers sedert die begin van 2024 beland het deur telkens as gevolg van voorspelbaarheid te misluk.

Maar nou mergel 'n fliek jou senuwees sodanig uit dat dit soos spaghetti-toutjies van die plafon afhang.

Die uitmuntende heldin, die bekwame Maika Monroe, kom te staan voor die onnoembare. 'n Reeksmoordenaar wat gesinne identifiseer en die pa's breinspoel om hul vrouens en kinders te vermoor sonder dat hy 'n voet in hul huise gesit het. Wie pleeg die moorde?

Die ergste is Nicolas Cage wat homself vervorm en mismaak het in die jaar se afskuwelikste grieselgees. Hy is onherkenbaar onder wit grimering en lyk soos die Elephant Man op steroïede.

Die glimpsies wat ons aanvanklik van hom kry, net om daarna deur die hele satansgedrog gekonfronteer te word, sal jou lank teister.

Nuut, oorspronklik, maar baie gevaarlik. . .

In teaters.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM