The Fall Guy ****
Jippie! Dis betaaldag! Maar jou bankbalans klop nie. Vergeet jou bekommernisse en geniet hierdie hewige huldeblyk aan waaghalse.
Dit gaan oor die verhouding tussen 'n domastrante waaghals (Ryan Gosling) en sy regisseur (Emily Blunt). Saam blaas hulle rolprentstelle op, tuimel uit motors, stort by geboue af, sing karaoke en maak liefde met mekaar deur kwinkslae kwyt te raak.
Natuurlik is dit klugtig oordadig en vol gevaarlike waaghalstoertjies en gewaagde slapstick, maar dis so onbeskaamd vermaaklik (vandaar die vier sterre) en koddig dat jou beswaarde lewe 'n reënboog sal word.
Sowat van 'n lawwe gemorskos-fliek het jy lanklaas gesien. Dit spot met sterre se ego's, vervaardigers wat hul akteurs pamperlang, tonele wat buite beheer raak, kunsmatige ontploffings, maar ook die liefde vir mekaar én die kammawêreld van rolprente. As jy 'n suur sel in jou lyf het, is hierdie flambojante aksiefliek jou teensuurtablet.
Natuurlik is dit klugtig oordadig en vol gevaarlike waaghalstoertjies en gewaagde slapstick, maar dis so onbeskaamd vermaaklik (vandaar die vier sterre) en koddig dat jou beswaarde lewe 'n reënboog sal word. Dit vier die kuns van waaghalse met onbeskaamde bewondering en 'n sexy energie.
Gee jou oor. Dis stuitig oordrewe. Slegs in teaters.















