Art Meander 2022, Gqeberha:Die jaarlikse kunsroete word van 4 tot 6 November aangebied. 'n Kaart van die roete is beskikbaar en kan by enige van die beginpunte van die roete teen R40 stuk aangekoop word. Bel Cindy Oberholzer by 078 203 6034 of stuur e-pos na cindy@capecomposite.co.za of besoek die Faceboekblad by @PEArtMeander vir meer inligting.
Alliance Française, Mackaystraat 17, Richmond Hill, Gqeberha:'n Foto-uitstalling van die jaarlikse musiekfees wat onlangs in Richmond Hill aangebied is kan tot 12 November in die week van 09:00 tot 17:00 besigtig word. Skakel 063 499 4417 vir meer inligting.
Artec-kunssentrum, Birdstraat 36/38, Sentraal, Gqeberha: Kool Out Fashion Series Vol. 1, 'n mode-, kuns- en musiek-uitstalling, open 18 November. Kaartjies vir die geleentheid kos R60 per persoon en kan by die deur gekoop word. Skakel 041 585 3641 vir inligting.
Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha: Die houtdraaikunstenaar Hennie Odendaal se solo-uitstalling, Looking Beyond the Bark, kan nog tot môre (29 Oktober) van 09:00 tot 13:00 besigtig word.Bel Odendaal by 082 922 3302 of stuur e-pos aan hom by hennie.od@ gmail.com vir meer inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha:
Intlalo ngokwezandla zethu, 'n keramiekuitstalling en kunswerke deur leerders wat die 2022 Lenteskool bygewoon het, duur tot 15 November.
Hold, 'n solo-uitstalling deur Liesl Duthie, duur tot 29 November. Skakel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos na manager@gfiartgallery.com.
Imibala-galery, Drostdy-hotel, Kerkstraat 30, Graaff-Reinet:'n Solo-kunsuitstalling deur Joanne Reen kan tot 30 Oktober besigtigword.Skakel 049 892 2161 vir meer inligting.
Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:Kontemporêre kuns deur Alpha Greeff, Joanne Reen, Stephanus du Toit, DirkjeDaling en Dylan Steer. Beeldhouwerk deur Frans Boekkooi kan van Maandag totSaterdag van 09:00 tot 15:00 besigtig word. Skakel 082 614 5833 of besoekwww.artinfinity.co.za vir meer inligting.
Leela, Hoofweg 34, Walmer, Gqeberha: 'n Kreatieweintuïsie-slypskool word van 11 tot 13 November deur Theresa Hardman by dieKromme-rivier in die Oos-Kaap aangebied. Skakel 082 443 3840 of stuur e-pos nahello@leela-flow.co.za vir meer inligting.
Swanlake Gardens, Plot 266, Kraggakammaweg, Theescombe,Gqeberha: Celebrating Life, 'n uitstalling met kunswerke deur Wehrner Lemmer,Elschen Jansen en die ontslape Marius Lourens, open 24 Oktober en duur tot 31Oktober. Skakel 072 202 7652 vir meer inligting.
Stuur kunsnuus na Willemien.Green@dieburger.com.















