Ann Bryant-galery, St Marksweg 9, Southernwood, Oos-Londen:'n Uitstalling van werk deur die ontslape kunstenaar Bernard Barry kan tot more by die galery besigtig word. Barry is in 2019 oorlede. Skakel 043 726 7401 of stuur 'n WhatsApp aan Hilde Barry by 083 954 8803.
Die galery is van Maandae tot Saterdae oop en is op Sondae en openbare vakansiedae gesluit.
Skakel 043 7224044 of 083 501 3392 of stuur 'n e-pos aan dupreezleon234@gmail.com of besoek die webtuiste by www.annbryant.co.za vir meer inligting.
Artec-kunssentrum, Birdstraat 36/38, Sentraal, Gqeberha:
Die groepuitstalling Umfutho/Fire Within duur tot Februarie.
Skakel 041 585 3641 vir inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha:
Die Creative Block-uitstallingen die Oos-Kaapse streekkeramiek-uitstallingduur tot 4 Februarie.
'n Uitstalling van kunswerke deur George Milwa Mnyaluza Pemba word later die jaar beplan. Kunsversamelaars wat van dié kunstenaar se kunswerke besit word genooi om dit tydens die geleentheid uit te stal.
Skakel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery.com.https://youtu.be/BxXS42DjJ24https:/www.instagram.com/p/COBghdnjFcD/https:/youtu.be/OiffoxjFB-Yhttps:/youtu.be/VmZT1YzPExshttps:/youtu.be/JwrWYGeuUGM
Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:
Melodic Light, 'n groepuitstalling deur Dirkje Daling, Joanne Reen, Thea van Staden en Willem du Plessis duur tot 15 Januarie. Skakel 082 614 5833 of besoek www.artinfinity.co.za vir inligting.
Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00 tot 15:00 besoek word. Skakel 082 614 5833 of besoek www.artinfinity.co.za.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Kinders van die ouderdom sewe tot 15 jaar kan gedurende Januarie aan kunsprojekte by die museum deelneem.
Maak 'n collage op 14 en 21 Januarie en leer hoe om met 'n stensil te werk op 28 Januarie. Die klasse word van 10:00 tot 12:00 op die bogenoemde datums aangebied. Bespreek vooraf plek daarvoor.
Who's Who and What's New? is 'n groepuitstalling waarmee die diversiteit van kuns in die Baai gevier word. Die uitstalling duur tot 28 Januarie.
The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmee hulde gebring word aan die museum wat mense bymekaar bring om idees te deel en kuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 31 Januarie.
The Legacy Art Project ter herdenking aan suster Ethel Normoyle, die Missionvale-versorgingsentrum se legendariese stigter, duur tot 28 Januarie.
Skakel 041 506 2000 of stuur 'n e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.za of besoek www.artmuseum.co.za.
Die museum kan in die week van 09:00 tot 16:00 besoek word. (Gesluit op 'n Dinsdag). Toegang is gratis.
- Stuur kunsnuus na Willemien.Green@dieburger.com.


















