Kuns

Kunsdagboek: Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Pastelskildery deur Marion Weymouth wat by die Ann Bryant-kunsgalery besigtig kan word.
’n Pastelskildery deur Marion Weymouth wat by die Ann Bryant-kunsgalery besigtig kan word.

Marion Weymouth van Oos-Londen se oeuvre is opgeneem in die solo-uitstalling The Power of Pastels wat tot 15 Julie by die Ann Bryant-kunsgalery in Oos-Londen aangebied word.

Bel haar by 082 591 2476 vir meer inligting.

Billie McNaughton, Gqeberha: Haar keramiekwerk se gesigte is opwaarts gekeer en volgens haar impliseer die geslote oë persoonlike groei, liefde vir haar medemens en 'n positiewe gesindheid. Bel Billie McNaughton by 084 581 2023 of stuur e-pos aan billiemcnaughton0@gmail.com vir meer inligting oor haar keramiekkuns.

Craig Banks, Oos-Londen: Hy skep onder meer vir sy kliënte portrette uit die as van hul geliefdes wat met houtskool gemeng word. Kontak Banks per e-pos by craigbanksart@gmail.com of stuur 'n WhatsApp aan 063 928 7859.Besoek sy webtuiste by craigbanks­art.co.za, Facebook-blad by www.facebook.com/craigbanksartist, Instagram by @craigbanksart83 en Twitter by @CraigBanksArt om sy werk te besigtig en vir meer inligting.

Dirkje Daling, Nieu-Bethesda: Verskeie plaaslike kunstenaars se kuns word in haar galery, Infinity, uitgestal. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za.

Estelle Marais, Gqeberha: Estelle Marais bied kunsversamelaars wat graag van haar kuns wil aankoop 'n geleentheid om dit maandeliks af te betaal. Bel haar by 083 543 9646 of stuur e-pos aan haar by artour@intekom.co.za, of besoek haar Facebook-blad by www.facebook.com/estelle.marais.5243 of die webtuiste www.art.co.za/estellemarais/about.php vir meer inligting.

Grettel Osorio, Gqeberha: Sy is 'n koördineerder van 'n skryf- en navorsingsprogram by die Nelson Mandela-Universiteit. Hoewel sy ook met olie- en akrielverf skilder, verkies sy waterverf omdat dit vir haar 'n uitdaging bied. Bel haar by 082 652 4133, stuur e-pos aan haar by grettelo­sorio@­gmail.com of volg haar op Instagram by gretel_osorio.

Lisa Walker, Gqeberha: Dié kera­miekkunstenaar­ bied 'n pottebakkerskursus aan. Dit kos R550 per persoon en sluit die materiaal, gereedskap asook koffie en tee en 'n ligte middagete in. Bel haar by 082 516 9220 of volg haar op Instagram­ by @lisa_walker_ceramics_sa.

Nonnie Roodt, Gqeberha: Sy bied tekenklasse op Woensdag- en Donderdagoggende vir volwassenes (beginners en dié wat reeds ondervinding het) aan. Slegs agt persone per klas word toegelaat. Bel haar by 084 327 9664 of stuur e-pos aan nonnieroodtkuns@gmail. com vir meer inligting.

Petra Stiglingh, Jeffreysbaai: 'n Groepuitstalling kan in dié kunstenaar se galery, die Petra Stiglingh-kunsgalery, besigtig word. 'n Groot verskeidenheid hoë­gehalte-kuns­materiaal is te koop. Bel haar by 072 388 8738 vir meer inligting.

Stuur kunsnuus na Willemien.­Green@­dieburger.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM