Kuns

Kunsdagboek: Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Keramiekvaas deur Mark Dodd te sien by die Keramiek-uitstalling in die GFI-kunsgalery in Gqeberha.
’n Keramiekvaas deur Mark Dodd te sien by die Keramiek-uitstalling in die GFI-kunsgalery in Gqeberha.

KUNS

  • Art with Heart-kunsateljee, Alabasterweg 2, Baakensvallei, Gqeberha:

Maak jou eie visiebord 2024 (vision board) op 27 Januarie van 10:00 tot 12:00. Dit kos R280 per persoon en sluit al die materiaal in.

'n Kort beeldhoukursus waartydens jy die kans sal kry om jou gunstelingdier te skep. Dit word op 10 en 11 Februarie van 10:30 tot 12:30 aangebied en kos R950 per persoon. Al die materiaal word insluit. Daarna sal kursusgangers ook geleer word om 'n silikoon-rubbervorm te maak sodat dit daarna in hars gegiet kan word.

Skakel 062 179 2021 vir meer inligting.

  • CVD-kunsgalery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen:

Die A3 of kleiner-uitstalling kan tot einde Januarie besigtig word. Meer as 85 werke word uitgestal. Skakel 043 726 1449 of stuur e-pos na cvdframers@gmail.com of besoek die webwerf by www.cvdframers. co.za of Instagram by cvd_louise_ pietrucci.

  • GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:

Drie uitstallings kan by die galery besigtig word.

  • Creative Block, 'n groepuitstalling waaraan 250 kunstenaars deelneem, duur tot 30 Januarie;

Nando's Creative Exchange, 'n groepuitstalling wat vir die sewende keer aangebied word, duur tot 30 Januarie; en

Die jaarlikseOos-Kaapse keramiek-uitstalling duur tot 24 Januarie 2024.

Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos na manager@gfiartgallery.com vir meer inligting.Die galery kan op weeksdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.

Idil Sheard-galery, New-straat, Nieu-Bethesda:

Sheard se solo-uitstalling kan daagliks van 10:00 tot 16:00 besigtig word.Skakel 076 136 9979 vir meer inligting.

  • Infinity-kunsgalery in Martinstraat, Nieu-Bethesda:

Die somer-uitstalling met werke deur die beeldhouers Frans Boekkooi en Daleen Kruger, die skilders Raymond Westraadt, Joanne Reen, Dirkje Daling, Thea van Staden, Evelien Burger en Sonia Strumpfer, die digitale kunstenaar Aubrie Jesersky, die sketskunstenaar Lindy Faiers, die drukwerk-kunstenaar Alpha Greeff en die kuns­tenaar en meubelontwerper Willem du Plessis kan besigtig word.Bel Heidi Kühne-Boekkooi by 082 865 2699 of stuur e-pos aan haar by infinitynieubethesda@yahoo.com vir meer inligting.

  • Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha:

Friends Highlights, 'n groepuitstalling, kan tot 15 Januarie besigtig word.

Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 of stuur e-pos na artmuseum@mandelametro.gov.­za vir nog inligting.

VERMAAK

  • Savoy-teater, Adcockvale, Gqeberha:

Music! Movies! Magic! word daagliks tot 14 Januarie aangebied. Die kaartjies kos R80 per persoon vir die middag- sowel as die aandvertonings en kan aanlyn deur Webtickets of by enige Pick n Pay gekoop word.

  • Westview-sportklub, Glenhurd, Gqeberha:

Artificial UN-Intelligence word op aanvraag vir die tweede keer vanjaar op 2 Februarie om 19:30 deur Gino Fabbri en verskeie van sy geliefde fiktiewe karakters opgevoer.

Die kaartjies daarvoor kos R180 per persoon of R160 per persoon vir 'n bespreking van agt of meer mense en dit kan aanlyn op die webtuiste Quicket gekoop word.

Bel Wendy by 082 661 6921 vir meer inligting.

https://youtu.be/BxXS42DjJ24https:/www.instagram.com/p/COBghdnjFcD/https:/youtu.be/OiffoxjFB-Yhttps:/youtu.be/VmZT1YzPExshttps:/youtu.be/JwrWYGeuUGMStuur kunsnuus aan Willemien.Green@dieburger.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM