Kuns

Massiewe kunsveiling by Strauss & Co

Strauss & Co hou binnekort hul Oktober- aanlyn verkoping, 'n aanlyn aanbieding van moderne en kontemporêre kuns.

Een van die veiling se hoogtepunte is 'n spesiaal saamgestelde sessie van 84 lotte met die titel Impressie/Ekspressie. Hierdie tydbepaalde aanlyn veiling sluit in werke deur David Koloane, Frans Oerder, Walter Oltmann, Beezy Bailey, Kagiso Patrick Mautloa en Blessing Ngobeni.

'n Diverse aanbod van impressionistiese styl-skilderye deur Adriaan Boshoff word in die verkoping ten toon gestel, saam met interpretasies van verskeie landskappe van kunstenaars soos Robert Gwelo Goodman, Walter Battiss, Gregoire Boonzaier, Allerley Glossop, Conrad Theys en Hugo Naudé. Die toplot volgens waarde is die merkwaardige Berglandskap (skatting R1,5 - R1,8 miljoen) deur J.H. Pierneef.

Robert Gwelo Goodman se The Drakensberg, Natalsal waarskynlik tussen R80 000 en R120 000 haal. Foto: Strauss & Co
Robert Gwelo Goodman se The Drakensberg, Natalsal waarskynlik tussen R80 000 en R120 000 haal. Foto: Strauss & Co

Alastair Meredith, hoof van die kunsafdeling by Strauss & Co, het dit oor die versameling gesê: "Baie van die werke in Impressie/Ekspressie kan gemaklik pas in die kategorie impressionisme of ekspressionisme.

"Werke van elke skool kan egter steeds saamgevoeg word volgens tema, toon, impuls of styl. Impressionistiese prente, byvoorbeeld, kan die verganklikheid van lig vasvang, kan deur moderniteit geroer word en streef na atmosferiese sensasie. Baie ekspressionistiese werke word boonop met instink gemaak, word gedefinieer deur intimiteit en is aangetrokke tot visuele anargie. Die werke in Impressie/Ekspressie word aangebied met hierdie dikwels oorvleuelende eienskappe in gedagte."

Die multisessie- moderne en kontemporêre kunsverkoping bevat 'n versameling afdrukke en oorspronklike (maar gekanselleerde) linoblokke deur die kunstenaar John Muafangejo. Ander noemenswaardige kunstenaars wat by hierdie verkoping ingesluit is, is Bambo Sibiya, Berenice Michelow, Jackson Hlungwani, Mongezi Ncaphayi en Deborah Bell.

Die veiling sluit ook vier afdrukke in uit Sam Nhlengethwa se gesogte Tribute-reeks, wat hulde bring aan sy tydgenote van visuele kunstenaars deur hul werke in sy kenmerkende styl te herskep. Faith XLVII se druk Capax Infiniti (geskat R5 000 tot 7 000) verwys na 'n muurskildery wat die kunstenaar aan die kant van die Carlyle-gebou in Portland, Oregon, in 2014 geskep het en drie seldsame Guy du Toit-bronsbeeldhouwerke word aangebied, asook 'n kunstenaarsfokus op Gordon Vorster-landskappe oor beide verkope.

Die aanlyn veiling is oop vir sewe dae vanaf Maandag 17 Oktober tot Dinsdag 25 Oktober, met die moderne en kontemporêre kunsverkoping wat om 20:00 sluit en die Impressie/Ekspressie (tydbepaalde aanlyn veiling) wat vanaf 21:00 sluit.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM