Kuns

Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sense, ’n skildery deur Llise Dodd, is te sien in die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum in Gqeberha.Foto: WILLEMIEN GREEN
Sense, ’n skildery deur Llise Dodd, is te sien in die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum in Gqeberha.Foto: WILLEMIEN GREEN

KUNS

Art with Heart, Werk 1.0-ateljee, Baakensvallei, Gqeberha:Alle persone is welkom om verskeie werksessies by te woon waar allerlei artikels soos Kersversierings, -papier en -kaartjies gemaak sal word. Die geleenthede, wat elk R100 per persoon kos, word op 19, 21 en 23 Desember deur Art with Heart by Funky Frog in Moffet on Main aangebied. Stuur 'n WhatsApp na 062 179 2021 of besoek die webwerf artwithheart.art of Facebook en Instagram by @artwithheart_za vir meer inligting.

Ann Bryant-galery, St. Marksweg 9, Southernwood, Oos-Londen: 'n Uitstalling van werk deur die ontslape kunstenaar Bernard Barry kan in die galery besigtig word. Barry is in 2019 dood. Skakel 043 726 7401 of stuur 'n WhatsApp aan Hilde Barry by 083 954 8803. Die Oos-Londen-vereniging vir die skone kuns­te se jaarlikse kunsuitstalling duur nog tot 17 Desember. Die galery kan gedurende die feestyd besoek word en sal net op Sondae en openbare vakansiedae gesluit wees. Skakel 043 7224044 of 083 501 3392 of stuur 'n e-pos na dupreezleon234@gmail.com of besoek die webtuiste by annbryant. co.za.

Artec-kunssentrum, Birdstraat 36/38, Sentraal, Gqeberha:Die groepuitstalling Umfutho/Fire Within duur tot Februarie.Skakel 041 585 3641 vir inligting.

GFI-kunsgalery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha:Die Creative Block-uitstalling en die Oos-Kaapse streek-keramiekuitstalling duur tot 4 Februarie 2023. 'n Uitstalling van kunswerke deur George Milwa Mnyaluza Pemba word vir volgende jaar beplan. Kunsversamelaars wat van dié kunstenaar se kunswerke besit, word genooi om dit tydens die geleentheid uit te stal. Skakel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos na manager@gfiartgallery.com.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda: Melodic Light, 'n groepuitstalling deur Dirkje Daling, Joanne Reen, Thea van Staden en Willem du Plessis, duur tot 15 Januarie. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting. Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00 tot 15:00 besoek word. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za.

Kunsplek/Art Spot, Ebonystraat 2, Wavecrest, Jeffreysbaai: Besoek dié galery op 16, 23 en 30 Desember van 12:00 tot 15:00 om Maryna Joubert en Jana Wessels se kunswerke te besigtig. Bel Joubert by 083 381 6595 vir meer inligting.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:Who's Who and What's New? is 'n groepuitstalling waarmee die diversiteit van kuns in die Baai gevier word. Die uitstalling duur tot 28 Januarie.

The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmee hulde gebring word aan die museum, wat mense bymekaarbring om idees te kan deel en kuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 31 Januarie 2023.

The Legacy Art Project ter herdenking van Ethel Normoyle, die Missionvale-versorgingsentrum se legendariese stigter, duur tot 28 Januarie. Skakel 041 506 2000 of stuur e-pos na artmuseum@mandelametro.gov.za of besoek www.artmuseum.co.za. Die museum kan in die week van 09:00 tot 16:00 besoek word. (Gesluit op 'n Dinsdag.) Toegang is gratis.

MUSIEK

Fairview Sports Centre, Fairview, Gqeberha: Steve Hofmeyr tree op 27 Desember om 19:30 op. Die kaartjies kos R150 per persoon en besprekings vir die konsert kan deur Helen by Westway Tickets gedoen word. Bel Helen by 082 487 3118 of bespreek aanlyn by www.westway.co.za. Alternatiewelik, bel Anton by 083 760 0609 vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM