Musiek

Wayne Osmond (73) sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sanger en kitaarspeler Wayne Osmond is op Nuwejaarsdag oorlede. Hy was 73. Foto: Getty Images
Die sanger en kitaarspeler Wayne Osmond is op Nuwejaarsdag oorlede. Hy was 73. Foto: Getty Images

Wayne Osmond van die bekende Amerikaanse singende Osmond-gesin, waarvan Donny en Marie die bekendste is, is Woensdag op Nuwejaarsdag oorlede. Hy was 73.

Hy was die vierde oudste van die nege Osmond-kinders, wat 'n bekende sanggroep gevorm het. Volgens 'n Facebook-blad wat ter ere van sy lewe en nalatenskap opgerig is, het hy in die teenwoordigheid van sy vrou, Kathlyn White, en hul vyf kinders gesterf.

"Sy nalatenskap van geloof, musiek, liefde en lag het die lewe van baie mense in die wêreld geraak," lui die inskrywing waar familielede en aanhangers foto's saam met die sanger en kitaarspeler kan plaas.

Hy word ook oorleef deur sy broers en suster Virl, Tom, Alan, Merrill, Jay, Donny, Marie en Jimmy.

Hy is in 1951 in Ogden, Utah, gebore en het ook daar grootgeword. Luidens inskrywings op sosiale media het Wayne 'n beroerte gehad en het ook geruime tyd probleme met sy gesondheid gehad.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM