TV

Einde van die pad vir '7de Laan'

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ná meer as 23 jaar op die kassie sal die gewilde sepie 7de Laan tot 'n einde kom.

In 'n gesamentlike verklaring Maandagmiddag sê die SAUK en Danie Odendaal-produksies dat die sepie in Desember tot 'n einde sal kom ná die 24ste seisoen.

7de Laan word sedert 4 April 2000 op SABC2 uitgesaai. "Die sepie het beslis 'n bydrae gelewer om Suid-Afrikaners te help met die oorgang na 'n demokratiese staat en het kwessies soos interrassige en homoseksuele verhoudings aangeraak.

"Oor die jare het dit ook talle maatskaplike euwels belig, insluitende geslagsgeweld, dwelmverslawing, ontvoering en mensehandel.

"Baie Suid-Afrikaners het ook Afrikaans leer praat deur na die taal op 7de Laan te luister en die Engelse onderskrifte te lees," lui die verklaring.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM