Aandag, aandag! Afrikaanse rockers, skreeuers en skrouers moet onmiddellik hul ore spits en hul kitaar stem. Die finaliste is bekend, die uitdunrondes is hier en die top-10-bands gaan jou behoorlik witwarm betoor.
HOE STEM JY?
Stemme word deur twee elemente bepaal. Die getal kyke wat jou video kry, en die getal kommentare wat gelewer word.
Onthou: Jy moet ’n Netwerk24-intekenaar wees om kommentaar te lewer.
Die drie video’s wat die meeste kyke en kommentare kry, dring deur na ons eindronde waar bekende rockers die finaliste sal beoordeel op grond van die gehalte van die musiek, musikaliteit van die instrumente en x-faktor van die band.
Die wenners word op 21 Oktober tydens ’n spesiale uitsending bekend gemaak.
DÍS WAT OP DIE SPEL IS:
Eerste plek: R50 000 kontant plus ’n professionele musiekvideo vervaardig deur Pop24
Tweede plek: R30 000 kontant
Derde plek: R20 000 kontant
Rig navrae aan Kayla Alexander by kayla.alexander@24.com.






