Die jaar is verby en hier is 'n terugblik op die interessante Sleepsels wat die jaar op ons Wegsleep-webwerf geplaas is. Desembervakansie is 'n lekker tyd om nog 'n paar vir ons aan te stuur. Indien julle langs die pad of op die kampplek so 'n lekker storie raakloop, stuur gerus na wegsleep@weg.co.za. Maak sommer 'n speletjie daarvan en moedig julle gesinslede aan om op die uitkyk te wees vir 'n rare sleepsel.
Laat weet Wegsleep op ons Facebook-blad watter een van hierdie sleepsel jou gunsteling vir 2016 is, en vertel ons sommer ook hoekom.
http://preview.weg.netwerk24.com/WegSleep/betsy-die-hartedief-20160929
1. Betsy, die hartedief

Haar 1969-Jurgens heet Betsy. En waar Betsy gaan, steel sy harte, sê Letitia du Toit van Centurion. Almal wat vir Betsy teëkom, is mal oor haar. Selfs op die pad toet mense en waai vriendelik.
2. Kyk dié aardige sleepsel

Die beskeie woonwa is omtrent net 'n bed-op-wiele. Binne-in pas 'n driekwartbed se matras - dit is nou van hoek tot kant.
3. Die skimwa van Henties

Op Hentiesbaai is daar 'n wa waarby jy heel moontlik al verbygery het, maar nog nie gesien het nie....
4. Die Kewer en sy Franse gevolg

Hierdie sleepkombinasie is waarskynlik enig in sy soort in Afrika.
5. 'n Traantjie van vreugde

Kyk na hierdie selfgemaakte teardrop-woonwa. Dit is toegerus met onder meer 'n kampyskas en 'n neuskas.
6. Die bromponie-blues

Die storie het ons aangegryp. Net omdat 'n man nie 'n vaste adres het nie, beteken dit nie jy het geen aardse besittings nie. Hierdie is Kitte se verhaal.
7. Bedtent of tentbed?

Die voordele van 'n daktent word wyd en syd geprys, maar hoe gemaak as jy sukkel om tot bo te klim? Hier is 'n slim plan!
8. Sleeptafel

Voor jy dink jy het alles gesien, kyk na die opvouwaentjie.
http://weg.netwerk24.com/Motors/soveel-pzazz-20161004
9. Soveel P'Zazz!

Die P'Zazz-woonwa is omtrent Afrikana, en gewis skaarser as hoendertande. Binne-in is twee dubbelbeddens, 'n vierplaatgasstoof met 'n oond, 'n dubbele wasbak van vlekvrye staal, lugreëling, en badkamer met 'n stort. Dit het ook 'n klankstelsel!
10. Van Caravette tot Camp-Innator

Met die selfgeboude Camp-Innator het die Oosthuizen-gesin van die Paarl die lekkerte van 'n blyplek wat ingerig is soos hulle dit wil hê, met jou eie bed, veiligheid, gerief en eenvoud.















