Buitelewe

13 puik kameras

Met die koms van digitale kameras is fotografie nie meer die eksklusiewe domein van ’n professionele fotograaf wat iewers in ’n donker ateljee gesinsfoto’s neem wat jy teen die sitkamermuur hang nie.Digitale fotografie is só maklik, almal kan dit doen – van jou laerskooldogter wat haar maats by die see afneem tot ouma Lettie wat die ouetehuis se jaarlikse kanasta-toernooi vaslê. En vir mense wat ernstig is oor fotografie, is dit nou soveel makliker om saam met die groot honde te blaf.Deesdae is daar meer digitale kameras op die rak as ontbytpap – hoe kies jy die regte een vir jóú?Maklik – Sam Reinders en Jon Minster het 13 van die beste kameras wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, getoets.Klik op die foto's hieronder om die resensies te lees

Vir beginnersOf jy ’n bekostigbare kamera wil hê om net happy snaps te neem of een waarmee jy kan leer, hier’s een vir jou.[caption id="attachment_271820" align="alignnone" width="640"] Canon SX 260 HS[/caption][caption id="attachment_271827" align="alignnone" width="640"] Nikon P510[/caption][caption id="attachment_271833" align="alignnone" width="640"] Canon 1100D[/caption][caption id="attachment_271835" align="alignnone" width="640"] Nikon Coolpix S800C[/caption][caption id="attachment_271842" align="alignnone" width="640"] Canon G15[/caption]Vir die avonturierHierdie hardebaard-kameras skrik nie vir water, modder of hang van ’n krans af nie.[caption id="attachment_271844" align="alignnone" width="640"] Olympus Tough TG-2[/caption][caption id="attachment_271846" align="alignnone" width="640"] GoPro Hero 3 Black Edition[/caption]Vir die foendi'sElkeen van hierdie kameras het ’n besonderse funksionaliteit wat hom van die res onderskei.[caption id="attachment_271815" align="alignnone" width="640"] Canon Powershot S110[/caption][caption id="attachment_271848" align="alignnone" width="640"] Sony NEX-F3[/caption][caption id="attachment_271850" align="alignnone" width="640"] Panasonic Lumix DMC-LX7[/caption]Oor na gewigtige sake...As jy jou stokperdjie op hoërgraad wil bedryf, oorweeg een van hierdie bulletjies.[caption id="attachment_271862" align="alignnone" width="640"] Sony SLT-A57K[/caption][caption id="attachment_271858" align="alignnone" width="640"] Nikon D7000[/caption][caption id="attachment_271853" align="alignnone" width="640"] Nikon D600[/caption]

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM