Geborgde inhoud

Blomme, blomme, blomme en krone om Tuindag te vier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SPONSORED Geniet ’n heerlike ete saam met vriende of familie, en versier jou tafel met plante uit jou tuin. (Verskaf/Netwerk24)

Tuindag is die een dag in die jaar waarop jy jou groenvingers kan laat rus en ’n glasie op jou harde tuinwerk kan klink. Jy hoef nie ’n groot begroting of ingewikkelde plan te hê om Tuindag te vier nie. Al wat jy op Sondag 18 Oktober moet doen, is om jou tuin saam met jou geliefdes te geniet. Vanjaar se tema is “Van tuin tot tafel: groei, kuier, vier”. Hier is ’n paar idees vir ’n Tuindagfees.

Hou ’n tuinpiekniek

Gooi ’n kombers op die gras, pak ’n mandjie met jou gunsteling-eetgoed en nooi ’n paar vriende of familielede.

Maak die tuin deel van jou tafel

Gebruik blomme of takkies uit jou tuin om jou Tuindag-etenstafel mooi te maak. Sit dit in allerlei botteltjies of potjies. Strooi blare oor die tafel, pak vrugte in ’n mooi bak, of bind bossies blomme of kruie vas aan jou servette met ’n mooi stukkie tou. Onthou, niks hoef bymekaar te pas nie en boonop is jou tuin jou grootste dekor-element – propvol kleur en tekstuur.

Nooi die bure

Nooi daardie bure wat jy altyd groet, maar selde mee gesels. ’n Paar stoele onder ’n boom en iets te drinke is al wat jy nodig het.

Maak ’n blomkroon

Wat is ’n Tuindagfees sonder ’n blomkroon? Gebruik blomme, takkies, blare en selfs groente uit jou tuin om een vir jouself of die kinders te maak – dit is immers die amptelike simbool van Tuindag. Besoek gardenday.co.za vir instruksies en wenke.

Gee jou drankies en geregte ’n Tuindagkinkel

Vries eetbare blomme, kruie, bessies of klein stukkies vrugte in ysblokkies en gooi dit in vonkelwater, limonade of ystee. Of skep jou eie kreatiewe Tuindag-mengeldrankie met vars kombinasies soos suurlemoen en ment, roosmaryn en pomelo, of basiliekruid en bessies.

As jy ’n kruie- of groentetuin het, gebruik daarvan in ’n slaai of ’n lekker gereg.

Of jy nou ’n groot tuinpartytjie hou, ’n piekniekmandjie pak, die bure nooi of bloot met ’n koppie koffie in jou tuin sit, geniet die groenigheid wat vir jou vreugde bring – dit is immers hoekom ons Tuindag vier.

Tuindag!

Besoek nou Tuindag!

Besoek gardenday.co.za vir nog inspirasie, resepte en idees.

Wys hoe jy vier en wen!

Die Burger vier ook Tuindag. Stuur vir ons foto’s of video’s wat wys hoe jy jou tuin saam met jou geliefdes op Sondag 18 Oktober geniet. WhatsApp dit na 068 785 9997. Die kompetisie sluit 18 Oktober om middernag.

Een gelukkige wenner kan met ’n R5 000 digitale Babylonstoren-koopbewys wegstap. Jy kan ’n selfie ook stuur, maar dan moet jy jou blomkroon dra.

Lizelle van Jaarsveld

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM