Buitelewe

3 wenke vir beter maanfoto’s

1 Zoem in

Gebruik 'n kragtige zoemlens of stel jou kamera se zoem-funksie op die maksimum. Met korter lense, soos 'n 10 x- of 20 x- optiese zoem in kompakte digitale kameras, of enigiets korter as 'n 400 mm-zoemlens op SLR-kameras, lyk die maan net eenvoudig minder indrukwekkend, want al wat jy kry is 'n klein wit kolletjie.

Die grootste uitdaging wanneer jy so lekker ver ingezoem het, is om op die maan te fokus én 'n skerp foto te kry.

Elke millimeter wat die kamera in jou hande beweeg, swaai die posisie van die maan heen en weer in die fokusraampie.

Die grootste uitdaging wanneer jy so lekker ver ingezoem het, is om op die maan te fokus én 'n skerp foto te kry.

Gewoonlik sal ek voorstel dat jy 'n driepoot of 'n boontjiesak en 'n afstandbeheerde sluiter (cable release) gebruik vir sulke foto's, maar as jy baie stil hande het, kan jy dit dalk met jou kamera se ingeboude stabiliseerder ook regkry om 'n skerp foto te kry.

2 Vang die kraters vas

Een van die grootste foute wanneer mense die maan afneem, is om te oorbelig deur 'n relatief stadige sluiterspoed te gebruik om meer lig in te laat. In die proses oorbelig hulle egter die foto.

Jy dink miskien dit gaan die maan helderder laat lyk, maar in werklikheid verloor jy net detail.

Eintlik moet jy presies die teenoorgestelde doen, en die maan effens onderbelig. Die maklikste manier om die maan te onderbelig is om die Exposure Compensation-funksie te gebruik.

Aktiveer dit en draai dit na die minus-kant. Dit behoort die sluiterspoedwaarde te verhoog en dus die maan te onderbelig.Wanneer jy die foto effens onderbelig deur 'n vinniger sluiterspoedwaarde te gebruik, sal jy die kraters en ander detail op die maan se oppervlak begin sien.

Boonop help die vinnige sluiterspoed jou om 'n skerp foto te kry omdat dit help om enige vibrasie op die kamera (camera shake) die foto minder sal beïnvloed. Die lensopening (f-stop) het natuurlik ook 'n invloed op die hoeveelheid lig wat by die lens inkom.

Ek verkies lensopeningvoorkeur oftewel aperture priority, (die verstelling is A op Nikon en Av op Canon) en 'n lekker lae f-waarde (sodat die sluiterspoed reeds vinnig is).

Dan onderbelig ek met behulp van Exposure Compensation.

3 Gebruik die maanlig

Die volmaan is nie net mooi om na te kyk nie, dit verlig ook die omgewing sodat jy aandfoto's kan neem wat jy nie andersins sou kon kry nie.

As jou kamera 'n hoë ISO-waarde kan gebruik sonder om die foto te korrelrig te laat lyk, kan jy aandfoto's neem wat amper soos 'n dagligfoto lyk!

Hou 'n driepoot byderhand en kies 'n lang sluiterspoedwaarde, soos 30 sekondes.

Volg Villiers se avonture op Facebook.

Skryf in vir ons nuwe aanlyn-fotokursus

Skryf hier in

Wil jy weet wat elke knoppie op die kamera beteken, en soek jy nóg wenke?

Ons is almal mal oor mooi foto's, maar het nie noodwendig ure se tyd om daai dik kamera-handleiding te probeer ontsyfer nie.

Weg bied al 'n paar jaar lank fotografieslypskole reg oor die land aan, waar lesers by een van ons kenners leer hoe om hulle eie kameras beter te verstaan en beter foto's te neem.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nóg makliker beter foto's te leer neem. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie, jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om 'n slypskool by te woon.

Koste: R950 (eenmalig)

Lyk die foto's wat jy snags neem dof, donker en so lelik soos die nag? Dan is Weg se nuwe aanlyn nagfotografie-kursus net wat jy nodig het.

Dit wys jou hoe om asemrowende foto's van die sterrehemel te neem. Daar's nege lesse wat alles dek, van die nodige toerusting en tegnieke tot hoe om velddiepte, fokus en komposisie baas te raak.

Stel jy belang? Klik hier vir 'n oorsig oor die kursus en om in te skryf.

Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM