Greg het sy pa se wyse woorde onthou: “Die regte gereedskap beteken dat die werk al halfpad gedoen is.”Omdat hy die aluminiumkappie in sy motorhuis wou bou, het hy besluit om die raamwerk van staal te maak aangesien hy dit sommer met sy eie sweismasjien kon bou. Die raamwerk sou dan agterna met aluminiumplate oorgetrek word.Al wat hy moes aanskaf, was verstelbare klampe en ’n ordentlike skuinshoekmeter (bevel gauge). Dié gereedskap was deurslaggewend vir die projek, sê Greg.Hoe het jy kappie ontwerp?Omdat ek nie ’n aluminiumkappie in die hande kon kry nie, het ek foto’s van kappies geneem sodat ek kon besluit hoe myne moet lyk.Hoe goed werk dit?Afgesien van ’n lekplek by een deurraam – wat klaar reggemaak is – werk dit goed.En die hele kappie weeg net 60 kg. My vriende dink dis wonderlik en ek het selfs al ’n bestelling gekry.Watter gereedskap en ander materiaal het jy gebruik? • Werkbank en ’n 100 mm-bankskroef• Sweismasjien• Skuinshoekmeter (bevel gauge)• Klampe – kry soveel as moontlik• Skroefbekke (vice grips), wanneer jou klampe te min is• Groot en klein slypmasjiene om die staalseksies te sny, sweisplekke netjies temaak en slordige plekkies reg te sny• Ystersaag• Staanboor en ’n handboor• Elektriese figuursaag, om openinge vir die slotte en ruite te sny• Bokkies• Waterpas, om seker te maak die raam – en gevolglik ook die dak – bly gelyk• Stanley-mes, om die rubberseëls te sny en gom wat uitpeul te verwyder• Plat en vierkantige vyle, om die openinge vir die slotte af te werk• Gomspuit vir die kleefmiddel• Nylok-boute en moere van vlekvrye staal• Versonke, geseëlde aluminiumklinknaels• Waterbasisverf• Sikaflex Fix-kleefmiddel• Verstelbare gassilinders vir die deureWaar het jy jou materiaal gekoop?• RCM Engineering vir al my staal en aluminium• McNaughten’s vir die slotte, skarniere en gassilinders• KGM vir die aluminiumseksies – hoekig en plat• Rivco vir die klinknaels• Parow Bolt & Tool vir die boute en moere• BASF vir die Sikaflex Fix• Rubber Products & Moldings vir die seëls
Bl 2 | Stap 1 - 5Hoe is die kap gebou? (in 10 maklike stappe) 1.1. Ek het eers ’n houtplank so groot soos my Nissan-bakkie se bak gesny om as basis te gebruik waarop ek die aluminiumplate en deure kon maak pas. 2.2. Ek het die raam se basis op die houtplank uitgelê en aanmekaargesweis en die voor- en agterkante vasgesweis en verbind, wat die dak laat vorm aanneem het.Daarna het ek die raamwerk versterk deur skuins, vertikale pype in die hoeke vas te sweis. Ek het dit toe met ’n waterbasis-onderlaag geverf. 3A3. Die openinge van 1 000 mm wyd en 350 mm hoog vir kantdeure was groot genoeg om ammokiste deur te pas. Die panele vir die kantdeure is uit aluminiumplaat met ’n blokkiespatroon gesny. Ek het ’n raamwerk van 12 mm-vierkantyster vir die kantdeure gemaak. 3B3B. Toe het ek twee stroke van 20 mm x 5 mm-plaat aan elke raamwerk vasgesweis om as hegtingspunte vir die skarniere te dien. Ek het die plate met versonke klinknaels (4 mm) aan die raamwerke geheg. Die deure is afgerond deur aluminiumstroke (12 mm) al om die buitenste rand te plak. 44. Toe die deure in die kappie se raam gepas is, kon die deurrame gesny en op hul plek vasgesweis word. ’n Soortgelyke raam is vir die agterdeur gemaak. Rubberseëls is toe gesny en aan die deurraam van vierkantyster vasgeplak om die deure stofdig te maak. 55. Ek het openinge in die panele gesny vir die slotte. Dié slotte trek die deur en die raam vas sodat die rubberseël stof uithou.
Bl 3 | Stap 6 - 10 66. Ek het die aluminiumplaat met versonke alumiuniumklinknaels aan die kappie se raam vasgeheg. 77. Daarna het ek hoekige en plat aluminiumstroke om die hoeke en aan die kap se onderkant geplak om dit af te rond. 88. Die deure is toe op die voltooide kappieraam gepas en die slotte verstel. Ek het ook gassilinders ingesit sodat die deure hoog genoeg kan oopmaak dat niemand sy kop stamp nie. 99. Ek het kleefbare skuimrubber gesny om onder die kap te pas en die spasie tussen die kap en die voertuig te verseël. 1010. Ek het ’n T-seksie van aluminium gesny vir die ruite se raam en die glas in die rame vasgeplak. Ek het gate in die voor- en agterkant van die kappie se aluminiumplaat gesny en die ruite op hul plekke vasgeplak. (My agterruit is getint om nuuskierige oë te fnuik, en die voorste ruit deursigtig om lig deur te laat.)Wat het die projek jou geleer?• ’n Mens moes ’n derde hand gehad het wat by jou bors uitgroei. Ek het só ’n hand regtig nodig gehad. Daarmee sou ek nie net die sweishelm kon vashou nie, maar ook ’n bier!• Geduld, geduld en nogmaals geduld … ’n Mens moet soms ’n paar dae wag terwyl staal gebuig of gesny word.• Verfwerk moet jou laaste taak wees voordat jy gaan slaap. Het jy al ooit gesit en kyk hoe verf droog word?• Bel rond. Alles wat jy nodig het, is beskikbaar.• Noudat die kappie klaar is, het ek klaar ’n hele klomp kortpaaie raakgesien!Hoeveel het dit gekos?Die materiaal het my omtrent die helfte van die prys van ’n veselglaskappie gekos. Dis ’n winskopie. Ja goed, ek was sewe volle Saterdae in my motorhuis. Van die verf- en plakwerk is op weeksaande gedoen omdat my vrou nie wou hê ek moes Sondae of gedurende die week ’n lawaai maak nie.Ek sal beslis weer so iets aanpak as ek ’n klomp geld kan spaar.












