Buitelewe

Canon Powershot S110

Neem jy meestal foto’s met sonsopkoms of -ondergang, of dalk binnenshuis? Kry dan dié kameratjie vir jou hempsak, want die Powershot S110 het ’n verstommende ISO-speling en ’n vinnige f2-lens. Die beeldgehalte sal selfs ernstige fotograwe na hulle asem laat snak, terwyl beginners gaande sal wees oor hoe vinnig en eenvoudig dit is om te gebruik.Dít kook Hier’s ’n goeie kombinasie van oud en nuut aan die gang: Die draairing om die lens waarmee jy die lensopening en sluiterspoed kan aanpas, herinner ’n mens aan die dae van filmkameras. Maar dan kies jy jou fokuspunt deur net op die raakskerm te tik. En met die ingeboude Wi-Fi stuur jy onmiddellik jou foto’s na jou slimfoon of tablet.Dít pla Hy het net ’n 5x- optiese zoem – dus gaan hy in die Kgalagadi se vlaktes nie van veel nut wees nie. Die kamera lyk mooi en slank, maar sonder ’n greepstrook sukkel party mense om hom vas te hou.Die syfers 10 megaspikkel-sensor; 5x- optiese zoemlens (f2)Prys R4 345 by (Mei 2013)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM