Buitelewe

Cristy Sports Overlander & Gazebo

DEUR NICK DALLHierdie is nou vir jou ’n tent der tente! Dis ’n 3 x 3 m-seiltent met ’n dik PVCgrondseil en 8,5 mm-staalpale, en weeg 30 kg. Ja, dié bielie lê die helfte van jou sleepwaentjie vol nog voordat jy die gazebo inlaai!Die tent slaan maklik op, maar die gazebo was nogal ’n gesukkel. Sy dik staalpype is met verskillende kleure gemerk, maar dit het ons steeds 20 minute geneem om uit te pluis wat gaan vir wat.As jy die plek, geduld en geld het, koop een. Dit gaan waarskynlik die laaste tent wees wat jy koop: Die pale gaan nie maklik breek nie, en as jy mooi na die seil kyk, gaan dié langer as jy leef. Al wat dan kort, is ’n sonsondergang en ’n kameelperd.Al Cristy Sport se tente word op bestelling gemaak. Jy kan dus presies kry wat jou hart begeer, maar jy gaan ’n paar weke moet wag.Afmetings: 300 cm (w) x 300 cm (l) x 260 cm (h)Gewig: 30 kgKontak: Getoets: Oktober 2013

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM