Getoets deur Mark JohnstonDeuter is ’n Duitse maatskappy, en die gehalte en ontwerp van sy produkte is wat jy kan verwag van ’n nasie wat aan ons Mercedes-Benz en die Reinheitsgebot (en Steffi Graf ) gegee het.Nie net is die gehalte van die materiale en stikwerk uitstekend nie, die Aircontactrugstelsel werk fantasties en laat lug ordentlik deurvloei.Daar is ook ’n paar slim kenmerke, soos die sakkie binne-in die heupgordel waarin jy lipsalf of sonskerm kan bêre, en ’n spatseiltjie wat in die basis wegvou, maar soos ’n stortkeps oor die sak kan trek as die weer opsteek.Grootte: 65 + 10* literPrys: R1 700 (Augustus 2009)Kontak: 0860 034 000
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










