Buitelewe

In verband met bande

Woonwaeienaars se gesprekke draai gereeld rondom die sorg van hulle woonwa se bande. As jy ’n hele ruk nie gaan kamp nie en jou wa gereeld vir lang tye op een plek staan, kan daar krakies in die bande vorm – en jou wiel kan in die ry bars. Daarom deel ek dié wenk met ander slepers.Só maak jy1 Sny ’n ou band se loopvlak van die res van die band af.2 Koop twee van die goedkoper, kleiner noodwielvellings.3 Maak die loopvlak met skroefies of klinknaels aan die wielvelling vas en sit dit op jou wa wanneer jy vir lank nie gaan kamp nie.Dis nie net jou wa se bande wat jy red nie, maar dié wieletjies hou ander voordele ook in:• Jy kan steeds jou woonwa maklik rondskuif.• Jy kan nou jou groot woonwa in jou motorhuis stoot sonder dat sy dak skraap.• Diewe gaan sukkel om hom ver te sleep met daai klein wieletjies.

BUKS ERASMUS

Pretoria

Adnaan Mohamed

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM