
Dié idees kry ’n mens eers ná ’n hele paar seisoene in die kampterrein.
Haak aan!Hier is ’n oplossing vir jou hangplek-probleme in party kampterreine se storte.1 Neem ’n draadhanger en buig die geboë deel (waaraan jy die hanger ophang) sodat dit twee hoeke maak wat oor ’n deur sal pas.2 Haak ’n paar plastiekbiltonghakies – kry dit by ’n slaghuis – aan die draad waaraan jy jou broek gewoonlik hang.Goed, jy moet ’n bietjie balanseerwerk doen voor jou klere hang, maar met dié haak het jy hangplek vir jou handdoek, T-hemp en broek; afhangende van hoeveel hakies jy saambring.Gerry van Zyl












