
ONDER REDAKSIE VAN TOAST COETZERTekstuur kan die hoofrol speel in ’n sterk natuurfoto. Dís waarna jy moet kyk om ’n trefferfoto te neem (én waarvoor jy moet ligloop).
Kom nader...[caption id="attachment_41287" align="alignnone" width="900"] Anne Cumings[/caption]Stompie, NamibiëFujiFilm FinePix 9600Die agtergrondkleur is soortgelyk aan dié van die boomstomp, en daarom staan die stomp nie so mooi uit nie. Die fokusdiepte is baie wyd en die berg doer agter ding mee om jou aandag. Die teksture van die stomp speel dus tweede viool.Die helder sonlig maak diep, sterk skaduwees in die krake. As Anne nader aan die stomp beweeg het, sou sy die krake beter kon benut.
Hou daai agtergrond dop[caption id="attachment_41288" align="alignnone" width="900"] Ansa Smit[/caption]Wolfspinnekop, Entabeni-wildreservaat, LimpopoVivicam 5355Wat Ansa se foto baie goed regkry, is om te wys hoe goed die spinnekop hom kan kamoefleer!As jy wil hê jou voorwerp moet uitstaan, maak seker die agtergrond is neutraal. As dit te besig is soos hier, kan jou voorwerp “wegraak” in die foto.
Kies jou voorwerp goed[caption id="attachment_41286" align="alignnone" width="900"] Mike Campbell-Pitt[/caption]Olifant, Welgevonden-wildreservaat, LimpopoCanon EOS 7D, Canon 70-200 mm-lensDanksy Mike se zoemlens is die agtergrond goed uit fokus; dus is die fokusdiepte baie vlak en niks trek die aandag van die teksture af nie.Mike het goed gekies: ’n Olifant se growwe vel sorg vir ’n puik tekstuurfoto. Dís nou karakter!Dié tand bring ’n sterk fatsoen na die linkerkant van die raam.Die laatmiddaglig “spoel” rondom die olifant, selfs die kant in die skaduwee. Daar’s genoeg lig wat skaduwee in die voue maak, en dit laat die tekstuur sing.Die gras bring so ’n bietjie bonustekstuur in die foto.












