Buitelewe

Nikon Coolpix S800C

Die meeste selfone is ook ’n kamera, maar wat van ’n kamera wat soos ’n selfoon werk? Dié kamera werk met Google se Android-bedryfstelsel, en jy kan foto’s neem en deur ’n app soos Instagram deel. Maar jy kan nie jou ma bel nie...Dít kook Hy het verskillende “Scene”-opsies en spesiale effekte, waaronder HDR (“High Dynamic Range”) vir tonele met baie kontras.Dít pla Die batterylewe is power. Volgelaai kan jy sowat 140 foto’s neem, maar as jy bedrywig is op Facebook, is dit binne ’n uur pap. En die kamera skakel stadig aan.Die syfers 16 megaspikkel-sensor; 10x- optiese zoemlensPrys R4 000 by (Mei 2013)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM