Buitelewe

Olifant rol renoster

Weg-lesers Louis en Marthie Kok van Pretoria het dié verstommende foto's gestuur.Ons het in September ’n noodlottige konfrontasie tussen ’n enkeltandolifant en ’n swartrenoster van begin tot einde afgeneem. (Die bestuur van die reservaat waar ons was, het gevra dat ons nie hulle naam publiseer nie, want hulle het tans ’n groot stroperprobleem.)Die bronstige olifant het op die koei en haar kalfie afgekom, en ’n konfrontasie het byna onmiddellik gevolg – die olifant het heeltyd die oorhand gehad. Die hele voorval het skaars langer as ’n sekonde geduur. My foto’s was heeltemal onderbelig (my Canon 500 D-kamera was nie gestel vir die swak aandlig nie), maar my skoondogter Adele Kok kon dit gelukkig ná die tyd in Lightroom red.Die olifant het uiteindelik in die bosse verdwyn, en die renosterkalfie het herhaaldelik probeer om haar ma regop te help. Ons het die voorval by die reservaatbestuur aangemeld, en hulle het onmiddellik gaan kyk. Die olifant is glo berug in die reservaat. Die beseerde renoster het opgestaan en is die volgende oggend 300 m verder gewaar. Ongelukkig is sy ’n paar dae later dood. Die kalfie is die volgende dag gewaar saam met ’n ander renoster in haar sosiale groep.

Weg

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM