Ons het ’n paar gewilde vuuraanstekers, houtskool, hout en roosters getoets. En dís wat ons bevind het...TEKS NICK DALL FOTO'S JAMES GARAGHTY
Portjackson en bloekomJy wil nie met een van dié twee braai nie. Hulle werk goed in die Jetmaster in jou sitkamer: daar’s baie vlamme, maar die kole is karig.Sowat R24 vir ’n 10 kg-sakSwartwattelJa, baie mense braai hiermee, maar sit eerder die oond aan as jy die hoender wil gaar kry, net ingeval. Dis maklik om aan die gang te kry.Sowat R24 vir ’n 10 kg-sakRooikransDie beste “plaaslike” hout. Dit steek maklik aan (as dit droog is...) en het goeie kole wat lank hou.Sowat R24 vir ’n 10 kg-sakSekeldoringBrand makliker as ander harde houtsoorte uit Namibië. Werk goed vir klein vure. Die kole hou nie so lank soos mopanie of kameeldoring nie, maar is goeie kompetisie vir rooikrans.Sowat R33 vir ’n 10 kg-sakKameeldoring en mopanieSommige mense is stoere kameeldoringaanhangers, terwyl ander weer glo in mopanie. Albei is strate beter as die naaste kompetisie. Watter een jy kies, is maar persoonlike voorkeur. Hulle is albei harde houtsoorte; dus moet jy ’n gróót vuur maak met baie fynhout om die kêrels aan die brand te kry.Sowat R33 vir ’n 10 kg-sak
- Ons het die hout gekry by Kaapstad se grootste verspreider van vuurmaakhout, Help U Africa Trading. Die pryse is vir ’n 10 kg-sak en was korrek in September 2013. Grootmaatsakke is beskikbaar by die fabriekswinkel in Parow. 021 933 6247












