
Volkswagen Amarok Dubbelkajuit Outomaties Want agt is beter sesDEUR MARNUS HATTINGHDie vierwielaangedrewe Amarok se klein tweeliterdieselenjin met sy twee turboaanjaers het aanvanklik die volk skepties gehad: Gaan hy dit maak in ons weer, en is sy wringkragband nie te smal nie?Nee wat, met sy nuwe agtgangoutomatiese ratkas is jy kort-kort in ’n nuwe rat wat regstaan om sy maksimum krag los te laat; dis gekonfigureer asof dit ’n laestrek is. Kortom, ons is heel beïndruk met hierdie werkesel van Volkswagen.Bygesê, die nuwe ratkas is nie ’n hierjy kontrêpsie nie: Die Duitsers het die eerste rat só kort gemaak dat hy vir taai veldrywerk ingespan kan word, óf as jy met ’n swaar vrag moet wegtrek. In die veld kan jy ook besluit of jy die blikbrein self tussen die agt ratte gaan laat rondsoek en of jy dit met die tikratfunksie wil doen. Albei werk heel goed.Die goed. Die groot Amarok se eintlike waarde lê in sy praktiese nut. Die bakkie is breër as sy mededingers, en binnelangs is hy weer amper soos ’n vroeëre Golf afgewerk. Ek hou ook van die drie 12V-sokke (een in die laaibak), genoeg ruimte vir die mense wat agter sit, en die hoë sitposisie agter die stuur.Die minder goed. Ons vermoed dit gaan moeilik wees, maar Volkswagen moet die plaaslike bakkiebrigade oortuig sy nuwe agtgang- outomatiese ratkas gaan vergoed vir die afwesigheid van ’n laestrekratkas.Prys (Junie 2013) 2.0 BiTDI 4Motion-dubbelkajuit outomaties: R461 000Slotsom. Effe duur, maar bruikbaar.












